Verhoging in kragtariewe ‘sal armstes benadeel’

Argieffoto (Pixabay)

AfriSake het Woensdag gesê die organisasie sal ingryp as Eskom die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) nader om elektrisiteitstariewe nogmaals te verhoog.

“Eskom en munisipaliteite het elektrisiteitspryse onlangs tot buitensporige tariewe verhoog en nou wil Eskom dit met ’n verdere 20% verhoog,” het Charles Castle, bestuurder van AfriSake se arbeidsregadvieseenheid, gesê.

Castle het gesê Suid-Afrika is tans in ’n tegniese resessie. “Verbruikers, en veral die kleinhandelsmark, byt die spit af weens die swak implementering van ekonomiese beleide en die wydverspreide korrupsie in alle staatsektore in Suid-Afrika. Om van landsburgers te verwag om al hoe minder krag te gebruik, maar meer per eenheid te betaal, is verregaande. Eskom moet hom eerder aan die naburige Zimbabwe onttrek en al sy hulpbronne in Suid-Afrika belê,” het Castle gesê.

Castle meen Eskom word tans deur aantygings van bedrog, korrupsie en wanadministrasie in die gesig gestaar en moet verantwoordbaar gehou word. “Landsburgers kan nie aanspreeklik gehou word vir topbestuur se flaters en ondeurdagte ‘Zupta’- handelinge nie.”

AfriSake het onlangs ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) aansoek gedoen om sekere inligting rakende Tegeta se verkryging van die Optimum-steenkoolmyn van Glencore te bekom. Eskom het geen inligting verskaf nie, daarom is AfriSake genoop om ’n hofaansoek in hierdie verband te bring.

“Dit kan direk verband hou met die tariefverhoging, omdat Eskom poog om sekere inligting oor die verkryging van steenkool en die betaling van steenkoolverskaffers te verdoesel,” het Armand Greyling, regs- en beleidsanalis by AfriSake gesê.

Afrisake meen nog tariefverhogings sal lei tot verlies van meer werksgeleenthede. “Die ekonomie is reeds stram en die werkloosheidsyfer is al meer as 27%. Deur elektrisiteitstariewe verder te verhoog, sal Eskom die armstes van die armes ekonomies nog verder benadeel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

paula ·

Seker waar wat jy sê, maar tot jy nie self een van die armstes is nie, sal jy nie verstaan nie.

Justice ·

Eskom weier om te verklaar hoeveel hy die Guptas / Tegeta vir hul steenkool betaal het. By benadering blyk dit dat die prys vir daardie steenkool ver bo die normale en markverwante prys was. Die steenkool was boonop alles van `n lae standaard en nie geskik vir die doel. Waarom moet die kragverbruikers nou weereens swak en korrupte Eskom bestuurs besluite befonds?

Rupert Ashford ·

Nee Afriforum julle kan nie aan die een kant hierdie sinnelose gejaag na duur, ondoeltreffende “hernubare” bronne wat geweldige tegniese uitdagings stel aan die elektrisiteitstelsel (die “grid” in goeie Afrikaans ) en dan wil saamhuil oor stygende pryse nie. Dit is net in feetjieland waar die kostes nie uiteindelik die verbruiker se probleem word nie.

Swartkat ·

Teen watter tarief word krag aan ons buurstate gelewer- subsideer ons nie hulle ook nie. Hoekom moet die belastingbetaler betaal vie Eskom se gemors. Hoeveel onwettige verbindings is daar in die plakkerskampe waarvoor niemand krag betaal nie.

Magda ·

Gaan kry al die”goue handrukke & bonuses se geld terug, dan sal daar nie vir n paar jaar geen verhogings wees nie.

GR ·

Dit is nie die armste van die armes wat benadeel word nie,hulle kry alreeds goedkoop krag en die res kry dit met onwettige aansluitings,dit is die middelklas wat die spit moet af byt,Eskom en die regering is te bang om op te tree teen die onwettige aansluitings want dan word alles weer verwoes en afgebrand!!

Sanna ·

Stem 100% saam met jou GR… ons middelklas messe betaal ons gaai los vir krag. Die wat lekker lewe se krag is so gejuppo en di res daar anderkant??? Koop R20 se krag N MAAND en kom deur?? Ons is 2 volwasses en 2 kinders. Geen hieters en snaakse goed ni maar werk ons dinges af om R2000 se krag n maand te moet koop. Belaglik man. Hulle het 2 weke terug weer hier in vanderb ijlpark gestaak, robotte uitgehaal en klippe gegooi.. 3 dae daarna is hulle krag weer aangesit en daar was vrede????

jennefer ·

jy is reg hieroor, ek koop vir my werker krag en sien hy kry meer kilowatt per rand as die wat in die dorp “pre-paid” koop. Dan het Eskom ook mos n groot lening van China gekry wat ons moet terug betaal.

Braam ·

Wat het geword van die Denton verslag wat gese het dat die krag onregmatig met meer as 400 persent verhoog is en dat ons gladnie eers loadshedding moes gehad het nie . Is dit begrawe ?

jaco ·

ek kan verstaan dat steeds stygende pryse van krag, kos, petrol ens ens seker n lekker manier is om straf uit te deel op ryk rassistiese wit mense vir hulle uitbuiting en misdade teen die mensdom met hulle apartheid, maar dink die ANC ooit daaraan dat hierdie stygende pryse nog meer van n knou toedien op hulle swart rasgenote, waarvan die oorgrote meerderheid arm is?

Heleen ·

Ja en so verarm die middelklas totdat daar net rykes en armes oor is..middelklas gaan nog heeltemal ophou bestaan..

Ander Annie ·

Alles is alreeds duurder. Ek stem, die arme middelklas is reeds so onder druk.

Michael ·

Kry n lening by die Guptas jan publiek is vuisvoos betaal

John ·

Eskom rig die ekonomie na onder met ryk-word-drome om Afrika van krag te voorsien en die atoomkragstasie-planne is nog nie eens op die tafel nie (hoewel sake onder die tafel goed vorder). Orals in swart woongebiede staan sonkragpanele bo-op blikhuisies en bo in Afrika voor die deur met ‘n draad na binne sodat dit saans ingedra kan word. Deur wie geskenk en opgerig en op wie se rekening? As arm Afrika dit kan doen… Miskien is dit die pad vorentoe ~ eers het veiligheidsdienste floreer en nou is dit mini-kragverskaffers se kans. Ons doen ons eie ding en Eskom syne… sonder ons hulp. Gas se prys word ook kunsmatig beheer sodat Eskom in beheer bly. AfriForm behoort ondersoek te doen. G’n een van ons is gebore met ‘n nota om Eskom te dien nie… Inderwaarheid moet hulle eintlik aan ons ‘n diens lewer en krag voorsien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.