Verhoging in petrolprys aangekondig

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van energie het Vrydag gesê die petrolprys sal volgende week Woensdag met 29 sent styg.

“Die verhoging word toegeskryf aan veranderinge in die prys van ru-olie en die rand/dollar-wisselkoers,” het Johannes Mokobane, woordvoerder van die departement, gesê.

Hy sê die rand het tydens die periode van US$10.40 na US$10.68 teruggesak. “Die prys van ru-olie het ook gestyg en die hoogste vlakke sedert September 2013 behaal.”

Die prys van ru-olie was op 19 Junie meer as US$115 per vaatjie.

Mokobane sê die styging van 29 sent per liter is vir 93-oktaan loodvrye petrol. 95-oktaan loodvrye petrol styg met 31 sent per liter. Die prys van diesel styg met 14 sent per liter, paraffien met 31 sent per liter en LP Gas met 58 sent per kg. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.