Verhoging vir huishulpe

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van arbeid het Maandag ʼn verhoging vir huishulpe aangekondig wat van Desember in werking tree.

“Minister Mildred Oliphant het aangekondig dat lone vir werkers in die huishulpbedryf vanaf 1 Desember 2015 aangepas sal word,” het Mokgadi Pela, waarnemende woordvoerder van die departement, gesê.

Enige werknemer wat meer as 27 uur in Gebied A werk, mag nie minder as R11,44 per uur verdien nie, en werknemers wat minder as 27 uur in Gebied A werk, mag nie minder as R13.39 per uur verdien nie.

Enige werknemer wat meer as 27 uur in Gebied B werk, mag nie minder as R10,23 per uur verdien nie, en werknemers wat minder as 27 uur in Gebied B werk, mag nie minder as R12,07 per uur verdien nie.

Gebied A is enige woonbuurt binne die volgende munisipaliteite: Bergrivier, Breederivier, Buffalo City, Kaap Agulhas, Cederberg, Stad Kaapstad, Stad Johannesburg, Stad Tshwane, Drakenstein, Ekurhuleni Metro, Emalahleni, Emfuleni, Ethekwini Metro, Gamagara, George, Hibiscuskus, Karoo Hoogland, Kgatelopele, Khara Hais, Knysna, Kungwini, Kouga, Langeberg, Lesedi, Makana, Mangaung Metro, Matzikama, Metsimaholo, Middelburg, Midvaal, Mngeni, Mogale City, Mosselbaai, Msunduzi, Mtubatuba, Nama Khoi, Nelson Mandela, Nokeng tsa Taemane, Oudtshoorn, Overstrand, Plettenbergbaai, Potchefstroom (Tlokwe), Randfontein, Richtersveld , Saldanhabaai, Sol Plaatjie, Stellenbosch, Swartland, Swellendam, Theewaterskloof, Umdoni, uMhlathuze en Witzenberg.

Gebied B is alle gebiede wat nie onder Gebied A genoem is nie.

Bedryfsbepaling dek werknemers wat in ʼn kwesbare bedryf werk en minimum werksure, minimum lone, die aantal verlofdae en afdankingsreëls word vasgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

JP ·

is dit nou per uur vandat sy by die werk aankom of kan sy gemonitor raak en net betaal word vir die tyd wat sy fisies werk verrig volgens jou standard. dit klink stupid maar ek vra maar net

cs ·

Hi JP – Ons het n klein bottelstoor gehad en toe het Department van Arbeid altyd soontoe gekom om ons Registers en alles na te gaan. Ek het toe met hulle gepraat oor my huisbediende
wat partykeer eers 9uur by die werk aankom en drie uur is sy alweer weg. Hy het my toe meegedeel dat jy haar ure moet neerskryf en dat sy dit teken elke dag en jy betaal hulle per/uur
vir wat hulle werk – want dit nonsense dat jy hulle die voorgestelde bedrag van die Department van Arbeid moet betaal maar hulle werk nie die voorgestelde ure nie – Bygese, nadat ek dit begin doen het, het sy nie lank gehou nie maar dis jou reg om haar net die ure wat sy werk te betaal – Hoop dit help- Sorg net dat jou kontrak in plek is en jy moet mos vir hulle ‘n payslip gee – sorg dan net dat die ure wat sy gewerk het en wat op haar payslip is ooreenstem.

JoeV ·

Erge amok gehad toe Martha 11:00 opdaag en 14:00 loop en voldag betaling verwag.

carol pieters ·

As ek nou die min loon van R10.23 per uur betaal, verwag die Min dat ons nog die taxigelde ook moet betaal.

AmY ·

So as my huishulp net 4 ure op ñ dag werk en dan waai., betaal ek haar net vir vir ure? Lekker. Nou kan ek ook ñ huishulp bekostig….

Shannon ·

Lone vir Logistieke Gesins Bestuurders moet met ten minste 45% verhoog.
Enige persoon wie in beheer is van `n gesin se beddens, skottelgoed en kinders is mos `n uiters betroubare en kritiese sleutel figuur in enige huishouding.
Bonop is dit mos duidelik dat hul blanke werkgewers mos hoeka nie in staat is om self hierdie masiewe werklading kaf te draf nie – soos wel die geval blyk te wees in ander westerse lande.

DIS WAAROM DIE EDEL AFRIKANER NIE `N VOLKSTAAT KAN SKEP NIE – WANT ENIGE VOLKSTAAT HET SY SATELLIET LOKASIE NODIG !!!!
Foeitog.

RSA ·

Ag nee wat ons doen eerder die werk, in en om die huis onsself. Dis te groot veiligheids risiko
om n huishulp in die huis te he,want dis gewoonlik hulle wat informasie gee oor wat en waat als in die huis is.

Gerhardt ·

Jy het ‘n punt beet Shannon. Daarom doen ons wat RSA voorstel. As mens moet kry dan net eenkeer ‘n week hulp, andersins kry goeie kwaliteit stofsuiers, wasmasjiene en skottelgoedwasmajiene. En ontspan as die huis so bietjie vuil is. Maar raak selfstandig.

Renee Gouws ·

Ek dink dis heentemal regverdig……dat regverdigheid geskied……en dis goed dat die huishulp verhoging kry……die meerderheid mense betaal hulle onder…….wat nie reg is nie….hulle verdien die bietjie geld wat hulle kry…..hulle werk hard daarvoor……..as mense hulle nie wil betaal nie…volgens wet nie…….moet die vrouens maar hulle eie werk verrig in die huis………hierdie huishulpe het ook kindertjies en moet ook kan ‘survive’……punt…..

Elbie ·

Stem saam! Die meeste van ons verkies om ons ou werkies self te doen, vir veiligheidsredes… Jy klink so besorg Renee, ek hoop jy het n tuinier ook.

SkarrelKind ·

Lulu, haar punt is mens moet regeverdig wees en almal het brood op hulle tafel nodig. As mens ‘n huishulp wil hê moet mens die proses monitor, regverdig wees en hulle behoeftes ook in agneem. Dis die punt.

Marlene ·

Al die huishulpe wat ek gehad het het baie meer gesteel en gemors as wat hul salarisse was. En ek het dubbel as die minimum loon betaal, maar dit was steeds nie genoeg nie, Vandat ek alles self doen, is my beursie sommer baie vetter.

Mary ·

Ek stem volkome saam die wat ek gehad het, het volle dag se geld gesoek maar 9 uur begin en 1uur geloop en hulself gehelp nee wat ek is eerlik ek werk self my huis is veilig passop julle wat so besorg is eendag huil julle lang trane. Leer self werk dis die beste!!

ali potgieter ·

Ons klae te veel baie keer,as jy n probleem het oor die nuwe wetgewing,werk self en as almal hulle deel gee let we,l sal n groot verskil maak in jou huishouding. Kom ons wees dankbaar en vergenoeg in alles?

Lelie ·

Kan iemand my help? My bediende kry nou R10,98 n uur. Ons is in die Merafong Munisipalitiet. Val ons dan onder Gebied B? Sy werk net Dinsdae en Vrydae by my. Dis 72 uur. Gaan sy dan eintlik minder betaal word soos wat hulle nou gegee het R10,23??

Nicoline ·

More almal, hoe nou gemaak met n dagloner sy werk net saterdae vir my, sy begin agtuur en werk net tot drieuur.

cs ·

Nicolene, gaan kyk op “Department of Labour.gov.za” Alles oor huishulpe is daarop, ure,lone,kontrakte ens

Francois le Cochon ·

Moenie betaal wat jy moet nie, betaal wat sy werd is. In jou geval sou ek se^ ten minste R180.00 vir die dag. Dit is een sakkie kruideniersware en taxigeld.

Ruby ·

My huishulp is absoluut die voorgestelde tariewe werd, sy verdien meer as dit in elk geval.

Ek is nie seker hoe vêr weg dit is nie maar as die “Injury on Duty” ingestel word, gaan die probleme begin. Van my vriendinne se huishulpe sal nie twee keer dink om per ongeluk “beseer” te word nie.

Voor die madam kan dit skaars loop maar op die cctv wat ons terug kyk, dans sy op maat van die musiek!

Johannes Meintjes ·

Het die Departement van Arbeid ook werksgeleenthede vir alle werklose Suid-Afrikaners aangekondig?

Wilma Maia ·

Hi Nicoline
Volgens my berekening sal jou huishulp 28 uur per maand werk en sal haar betaling dan 28 uur x R11.44 (afhangende van gebied) beloop. Alle werkgewers, betaal ASB. julle werkloosheidversekering vir huishulpe, indien nie, kan julle oneindige probleme optel en dit is werklik nie so baie om te betaal nie.

Johanna ·

As ‘n mens self jou werk doen weet jy presies waar en hoekom jy gebrou het. As jy iemand betaal, verwag jy dat hulle nie sal brou nie. Daar is net baie minder komplikasies as jy self jou huiswerk doen. Ons buitelandse vriende sê graag dat Suid-Afrikaners liewer in hulle beddens sal sterf as om dit op te maak!
Ek doen al 27 jaar lank my eie huiswerk en was nog nooit spyt nie.

Heidi ·

Nou gaan sy minder verdien as voorheen. Lekker Suid Afrika.

Elize ·

Nie sleg nie. As ek kyk na die ure wat sy werk, moet haar salaris dan eintlik gehalveer word.

Liezel Luneburg ·

Is daar regtig nog mense wat so min betaal? Vreemd…

Lynette ·

Wanneer ek wel van iemand gebruik maak so nou en dan, werk hulle 4 ure van 8 tot 12 en dan betaal ek hulle R100 vir die 4 ure, dus R25 per uur. Kan nie glo dat iemand die werk vir minder kan doen nie. Ek werk gewoonlik self in my huis.

SkarrelKind ·

Lynette – ek ook nie. Die bediende kom net elke tweede week, sy kom so 9 uur se kant in en loop so effe na 5 (uit eie keuse) en ek betaal haar R200. Soms koop ek vir haar ietsie soos sigarette of ‘n vars brood of iets om huis toe te neem. Sy is elke sent werd. Ek dink net sy hou bietjie te veel van grandpa’s, so ek sluit die medisyne weg en los vir jaar een op die toonbank. Maar ek is dankbaar vir haar en haar harde werk.

rissiepit ·

Hoeveel tyd kry die persoon dan vir etes? My moeder gee haar bediende baie kos vir ontbyt, middagete en aandete. Die persoon neem tot 2 ure tyd om ´n ete te geniet en werk nie, maar wil betaal word. Sy slaap in en in die aandete (al werk sy nie) kom haal sy haar aandete…volgens die persoon is die ook werk om haar eie bord skoon te maak. Haar wasgoed word by my moeder gewas met my moeder se wasgoedpoeier en masjien ens. Hoe nou? Die persoon gaan nie verstaan dat hoe sy die afgelope jare geleef het, dat dit nie meer so kan werk nie.

Vic ·

Wel – dit sal vir jou moeder en haar bediende goed wees as hulle n kontrak teken, nie waar nie. Met alle voorwaardes en voordele uitgespel. Dan weet almal waar hulle staan. Soos dit n goeie werkgewer betaam. As my werkgewer my toelaat om n twee uur lange ete te neem sonder om n woord te se is dit nie my skuld nie. Die ander opsie vir jou moeder is om soos die res van die wereld haar eie huis skoon te hou.

Ruby ·

rissiepit, miskien kry die merrie te veel kos dis hoekom sy 2 ure nodig het om alles te verorber hie hie.

Nee wat, sy is die pinkie gegee nou gryp sy die hand. Daar mag wel 10% van hul salaris afgetrek word vir behuising.

Dis uit die goedheid van ons hart dat ons etes voorsien, dis nie verpligtend nie.

Die beste ding wat ek kon gedoen het is om cctv kameras te installeer……….waar begin ek? Melk was sommer so uit die bottel gedrink en net so terug gesit in die yskas. Souse was gebruik (nie dat ek omgegee het nie) maar liewe hemel, om die bottel dan skoon te lek!! Nodeloos om te sê, sy sit iewers by ‘n kraal hut (waar sy hoort).

Theresa ·

Het geen probleem daarmee as iemand ‘n ander in hul huis wil aanstel nie. Doen egter liewer self als – al irriteer die ekstra take my werklik soms vreeslik! Dan onthou ek net weer hoe my vriendin (ex-vriendin) en ek ‘n hewige argument gehad het oor haar baie dierbare huishulp wat al 11 jaar vir haar werk en net die vlerke kort, dan kon sy ‘n engel wees…
Die argument het gegaan oor of die huishulp die organiseerder kon wees van die 3 maal wat haar kinders aangeval was – elke keer as sy nie tuis was nie. My punt was ja, dit is sy. Ex-vriendin se punt was: nooit! het dan help grootmaak aan die jongste. Is dan so getrou en so lojaal en sus en so.
Waarom ons ex-vriendinne is? Ek stel toe voor sy laat poligraaftoets doen. Stel toe ook sommer voor die ouman wat altyd oorkant die pad in skoolgrond sit en na hul huis staar, word ook uitgenooi.
Albei skuldig.
Ongelukkig kon die getrouheid aan die “goue hande” in die huis (met lang vingers en ‘n “devious mind”) nie die getrouheid aan ‘n vriendin wat bloot die waarheid kon sien, oortref nie.
Nog iets wat my hinder in ons voorstad: Hoeveel betaal die moedertjies van jong, klein kindertjies (wat in hul eie erf en huis ter wille van veiligheid gehou moet word) die dames wat so slenter met hulle na groepe op straathoeke of by ‘n winkel? Word hul ekstra betaal om hierdie klein mensies aan ander maniere en gewoontes bloot te stel? Kry hul bonus as die klein kindertjies dalk vir ander doeleindes en pret so rondgeneem word??
My hare staan regop wanneer ‘n krulkop blonde dogtertjie so tussen ‘n spul vreemdelinge op straat (tog nie ons kultuur nie!!!) is. Sou dink NIEMAND sal hul kinders aan so iets blootstel nie – en dan nog teen betaling. NannyCam is die beste uitvindsel ooit. Sommer een by die hoofhek ook – want jou kind se ervaringe as kleinding, sal sy/haar toekoms bepaal. In sommige gevalle kan spyt te laat kom.

Paul ·

‘n Poligraaf is ‘n uiters onbetroubare instrument. Lees gerus op daaroor. Die kans is goed dat die huishulp en die “ouman” vals “skuldig” getoets het.

Carine ·

Val dit nie onder werkskepping nie dan kan ons moes ook aanvra vir die regering vir hulp of dink hulle geld valuit die lug uit

Woeps waps ·

Ek en my vrou doen alles self. Nou raak niks weg nie en niemand breek in nie.

Paul ·

Dis misleidend gestel. Slegs die minimumlone is verhoog. Indien ‘n huishulp reeds meer as die nuwe minimum verdien, is daar geen verpligting om ‘n verhoging te gee nie.
Die departement reik egter jaar op jaar misleidende verklarings hieroor uit.

Vra maar net ·

Ons huishulp besluit toe mos so drie maande terug sy gaan bedank. Vroulief dring toe egter daarop aan dat sy ‘n brief skryf waarin sy bedank, en vroulief stipuleer toe die datum waarop sy ons diens ontruim plus ‘n maand se kennistydperk, waarvoor ons haar betaal, maar sy kan onmiddelik loop. Almal onderteken toe die afskrif en die oorspronklike.

‘n Dag later bel die Dept van Arbeid vir vroulief, en deel haar mee dat die huishulp ons aangekla het vir onregmatige afdanking, want sy wil WVF eis. Vroulief e-pos toe die bedankingsbrief aan die beampte by Arbeid. Die beampte laat weet omtrent onmiddelik vir vroulief dat die eks-huishulp geen saak het nie, en die eks-huishulp wou bedrog pleeg deur WVF te probeer eis. Geen probleem, ons het haar salaris in ons sak en leef beter, want sy het ‘n fris salaris gekry. Baie, baie meer as wat die wet voorskryf.

Die beampte vertel toe vir vroulief dat die huishulpe die bedankingstaktiek gebruik om meer geld te probeer uitwurg uit die werkgewer, want hulle is onder die indruk ons kan nie sonder hulle klaarkom nie en die vakbonde prent ‘n klomp leuens in hulle koppe in. Blykbaar ‘n ou truuk.

So die les is, as die huishulp bedank, stel ‘n bedankingsbrief op, en laat sy teken. Spesifiseer net al die datums mooi. Dit is die kruks van die saak. Keer vir jou paaltjies.

Griki ·

Ek verkies om self my werk te doen. Ek werk skoner, ek doen die werk soos ék dit gedoen wil hê en ek weier om vir halwe werk te betaal. Ek skeer egter nie alle huiswerkers oor dieselfde kam nie. Ek het jare gelede huiswerkers gehad wat uitstekend gewerk het en ek het hulle baie goed betaal, want hulle was dit werd. Nou het ek egter meer tyd om dit self te doen.

[email protected] ·

My huishulp verdien meer want sy is meer werd! Sy is goed vir my so ek is goed vir haar. As ek siek is versorg sy my kinders. As ek ñ krisis het help sy tot met huiswerk en kosmaak. Wanneer ons moet uitgaan en nie ñ oppasser kan kry nie, help sy. Ten spyte dat syself ñ ma van 2 is is sy ook my kinders se 2de ma. Dynah ek salueer jou, dankie vir jou harde werk, vriendskap en liefde. Sonder jou sou die lewe baie moeiliker gewees het!

Ruby ·

michelle, ja dit is, maar jy mag 10% aftrek vir akkommodasie.

Elize ·

Op hierdie stadium verdien die huiswerkers meer per uur as ek wat voltyds by ‘n kerk gewerk het en gemiddeld 86 ure oortyd. Tyd vir loopbaan verandering…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.