Verhoging vir Prasa-werknemers bevestig

Prasa (Foto verskaf deur Untu)

Die United National Transport Union (Untu) het Dinsdag gesê ʼn salarisverhoging is vir sy lede by die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) goedgekeur.

Untu het gesê werknemers sal ʼn verhoging van 7,3% ontvang met ʼn waarborg dat niemand binne die volgende finansiële jaar afgelê sal word nie. Dié algemene verhoging is vir alle Prasa-werknemers goedgekeur, ongeag of hulle aan ʼn ander vakbond behoort en of hulle glad nie aan ʼn vakbond behoort nie, het Steve Harris, algemene sekretaris van Untu, die meerderheidsvakbond by die spooragentskap, gesê.

Die ooreenkoms word terugdateer tot 1 April en is geldig tot 31 Maart 2020. Untu het gesê voorsorg word ook getref vir ʼn klousule dat, indien ʼn ander vakbond ʼn beter ooreenkoms kan verseker, sal dit ook vir Untu-lede geld. “Die jaar is baie moeilik wat betref onderhandelings. Niemand is blind vir die erge uitdagings wat deur Prasa in die gesig gestaar word of sy onvermoë om sy inkomste te verseker nie,” het Harris bygevoeg. “Die blaam kan egter nie voor Untu-lede se deur gelê word nie, aangesien daar hoofsaaklik van hulle verwag word om onder afgryslike en ondraaglike omstandighede te werk. Prasa kan nie van sy onskuldige werknemers verwag om die las te dra dat hy ʼn vaardigheidstekort op die hoogste vlakke beleef nie.”

Untu, ʼn filiaal van die arbeidsfederasie Fedusa, het gesê hy is besig om ondersteuning te werf vir ʼn staking volgende maand om “die regering te dwing om stappe te doen om seker te maak dat alle Suid-Afrikaners ʼn veilige en betroubare spoordiens het” en dat “alle Prasa-werknemers in ʼn veilige en behoorlike omgewing werk”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Saam met die verhoging is “Nat-uurlik” ingesluit ‘n outo-matiese verhoging in Produk-tiwiteit my Pasa-China’s!

Hoe nou... ·

Nee mnr Harris. Nie alle lede nie en verseker ook nie alle werknemers nie. Dis lagwekkend. Sodra werknemers in n sekere posisie is word hulle verhogings ontneem.

Verbaas ·

Iewers is daar ‘n hengse kommunikasie probleem. Sodra die werknemer in n sekere pos aangestel word is verhogings nie op hulle van toepassing nie. Ek is heeltemal seker van my stelling dat dit 100% akkuraat is.

skurweberg ·

Watter rol speel produktiwiteit in hierdie belaglike verhogings?

Basjan ·

skurweberg, produktiwiteit speel GEEN rol in hierdie verhogings NIE. We demand and we get, punt.

(Terloops, ek hou van jou naam “skurweberg”.)

fred ·

SKANDE!!!!!hoe kan n maatskappy wat bankvrot is verhogings gee en geen afleggings?
Die private belastingbetalers gaan weer opdok….
Lekker om vir n BEE staat te werk…

Diefie ·

Nou wonder ek, hoekom ‘n verhoging altyd gekoppel word aan ‘n %? Wat vir my regverdig sal wees, is as ALMAL byvoorbeeld R 1 000 verhoging kry. Die 1 wat 7% op R 100 000 kry baie meer as die 1 wat R 20 000 verdien. Die wat R 20 000 verdien betaal dieselfd vir kos ens as die 1 van R 100 000.

Pierre ·

Meanwhile back at the ranch – kry julle pensionarisse net 2%. En hul bonus elke April ook nou skielik sonder enige rede weg.

Karin ·

Genade, Rome brand, maar almal will net meer en meer hê!
Ek is verstom oor die salaris wat sommige mense verdien. Ek werk in retail en verdien absoluut die minimum salaris. En raai, ek betaal presies dieselfde prys vir alles as julle geldvrate! En ek kla nie, want ek is so dankbaar dat ek ‘n werk het.
Mense, julle is ‘n skande!

Willie ·

Ek werk vir n windgewende maatskappy en kry ons kry nie verhoging nie… So gaan dit met die sous trein..

Clipper ·

En so slaan die unie nog ‘n spyker in Prasa se doodskis. Swak bestuur om in hierdie tye so n ooreenkoms aan te gaan

stuiwer ·

Vakbonde “regeer” tans staatsinstellings. Gierigheid veroorsaak dat hierdie instansies nie uit hul verknorsing sal kom nie. Dis soos ‘n bose kringloop. Hulle is baie kortsigtig. Ek werk vir ‘n semi-staatsinstelling en hulle wil mense aflê. Die vakbonde het onderhandel dat dit nie binne die vlg. jaar gebeur nie, maar een van die vakbonde (NEHAWU), het op salarisverhogings aangedring. Ek behoort aan Solidariteit en ons uitgangspunt was, om nie op salarisverhogings aan te dring nie en so afleggings teen te werk. Ongelukkig is die ander vakbond (NEHAWU) nie van dieselfde mening nie. Postponing the inevitable….

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.