Verhoging vir werkers in gasvryheidsektor

gasvryheid

Argieffoto.

Werkers van Suid-Afrika se gasvryheidsektor se minimumlone sal vanaf 1 Julie met 6% verhoog word.

Die departement van arbeid het gesê die nuwe sektorale vasstelling vir gasvryheid wat lone, werksure en ander basiese voorwaardes reguleer, het die maandelikse minimumloon vir werknemers in ʼn maatskappy van tien werkers of minder op R3 384,71 vasgestel.

Die weeklikse tarief is op R781,14 vasgestel en die uurlikse loon op R17,34.

Die nuwe bepalings vir werkgewers met meer as tien werknemers is ʼn minimumloon van R3 772,65 per maand, ʼn weeklikse loon van R870,62 en ʼn uurlikse loon van R19,35.

Teboho Thejane, woordvoerder van die departement, het gesê die huidige loonverhogings is vasgestel deur gebruik te maak van die verbruikersprysindeks (VPI) soos wat op 23 Mei deur Statistiek Suid-Afrika bekend gemaak is.

Die VPI was 4,5% plus 1,5% soos voorgeskryf in die sektorale vasstelling.

“Die algehele verhoging is dus 6%,” het Thejane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tamsin ·

Alles goed en wel. Tog word daar van die studente wat in industrial ingaan verwag om vir maande aaneen verniet te werk. Dit net omdat hulle studente is.

GM ·

Hoekom moet die eienaar ‘n werker meer betaal as hy/sy meer as 10 personeellede het? Vele hande maak dan ligter werk?

André Kruger ·

Minimum loon impliseer werkers is te dom om self te onderhandel.. en werkskepoers word aangemoedig om eerder te meganiseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.