Verhoogde damwal bied meer water aan KZN-noordkus

Hazelmere-dam (Foto: MyBallito.co.za, September 2015)

Hazelmere-dam (Foto: MyBallito.co.za, September 2015)

Bouwerk om die Hazelmere-damwal te verhoog vorder glo goed en sal na verwagting teen Junie 2017 afgehandel wees.

Die bouwerk is deel van die departement van waterwese en sanitasie se ingryping ná ʼn uitvoerbaarheidstudie aangedui het dat die huidige opvangs nie genoeg is om aan die toenemende aanvraag in die noordkus te voldoen nie.

Hazelmere-dam, in die Mdlotirivier, is tussen 1975 en 1976 as ʼn beton swaartekragdam gebou. Dit was ʼn aanvulling vir watertoevoer na die snelgroeiende stedelike en nywerheidsgebruikers in daardie stadium.

“Die projek, om die damwal te verhoog, sluit die installasie van hekke op die dam se oorloop en die stabilisering van die muur in,” het Mbali Mahaye, woordvoerder van die departement, gesê.

Die verhoogde damwal sal van groot belang wees vir die provinsie, aangesien dit deel vorm van die massawaterverskaffing aan die bestaande twee stelsels in die gebied. “Hazelmere-dam sal met sewe meter verhoog om die kapasiteit van 23,9 miljoen kubieke meter te vergroot na 43,7 miljoen kubieke meter,” het hy bygevoeg.

Die verhoogde damwal sal ook waterbeskikbaarheid aan die noordkus vergroot met ongeveer 10 miljoen m3 /a. Die verskaffingsgebied van die Hazelmere-dam strek van Kwa-Dukuza (Stanger) in die noorde, Groutville, Blythedale, Ballito en Verulam in die suide.

Die stelsel se water word hoofsaaklik vir huishoudelike, nywerheids- en landboudoeleindes (suikerrietplantasies) gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Piet Snot ·

Het julle nie gehoor wat die Oos-Kaapse politikus gesê het nie? Die damme is leeg omdat die rassiste dit te groot gebou het. Bou kleiner damme wat gouer vol word, en ons waterprobleem is opgelos.
Leer mense dan nooit?

Lance ·

Dis nou as daar nie weer gestaak gaan word …die vuurslaners van SA het bv klaar gestaak in Kanada… wat n grap is SA nie

vermeende ·

Ek kan dit nie glo nie, na 20jaar het die ANC regering een sinvolle projek gepak waarby die burgers sal baat.
Weet nie of daar ook korupsie gaan wees nie en dit maak nie saak dat die projek 4jaar laat is nie, SA het na 22jaar een sukses verhaal.

rissiepit ·

Is die bodem van die dam goed bestudeer. Mens kan nie sommer net ´n dam vergroot en meer water in laat loop nie…dit kan aardbewings veroorsaak as die drukking van die water te hoog word. Van die grootste aardbewings (een groot geval in China) het juis gebeur omdat damme beplan is en nooit gekyk is of die bodem die massas water se druk sal kan uithou nie. Ek noem dit bloot en hoop dit word reg beplan.

Armando ·

Dit kan beslis ‘n probleem veroorsaak. ‘n Groter gevaar kan moontlik wees dat as die watervlak te hoog word, dit die damwal kan oplig. Maar hulle het seker daarna gekyk, of hoe? Daar is baie siviele ingenieurs wat so ‘n sommetjie kan maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.