Verhoogde haai-aktiwiteit tussen Oesterbaai en Jeffreysbaai

Die 15 meter lange walviskarkas wat op 27 Oktober 2016 by St Francisbaai uitgespoel het Foto; Johan Barnard - Transnet National Ports Authority Harbour Master

Die 15 meter lange walviskarkas wat op 27 Oktober 2016 by St Francisbaai uitgespoel het Foto; Johan Barnard – Transnet National Ports Authority Harbour Master

Die Nasionale Seereddingsinstituut het die publiek Saterdag gewaarsku om versigtig te wees vir verhoogde haai-aktiwiteit aan die Oos-Kaapse kuslyn van Oesterbaai, St Francisbaai en Jeffreysbaai.

Die karkas van ʼn 15 meter lange walvis het Donderdag op Anne Avenue-strand by St Francisbaai uitgespoel en dit het na verwagting tot meer haaie as gewoonlik in die gebied gelei, het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, gesê. “Haaie is die afgelope paar dae in die omgewing van Kromrivier en Anne Avenue-strand gesien, ook naby die kuslyn van St Francisbaai opgemerk.”

Lambinon het gesê die walvis is Vrydag in die see in gesleep.

Die walviskarkas is aanvanklik Woensdagmiddag deur die NSRI St Francisbaai naby Jeffreysbaai se kuslyn opgemerk. Dit het daarna Donderdagoggend op Ann Avenue-strand uitgespoel. Rampbestuurbeamptes en vrywilligers het die walviskarkas vasgemaak en ʼn boot gebruik om dit dieper die see in te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Buitestander ·

Mense neem maar die waarskuwing erenstig op. Binnelanders & kus bewoners ken nie al die gewaar tekens nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.