Verhoogde waterverbruik duur voort in Kaapstad

Argieffoto van die Theewaterskloofdam (Oktober 2019) (Foto: Maroela Media)

Kaapstad se waterverbruik het die afgelope week met 39 miljoen liter water per dag toegeneem tot 689 miljoen liter water per dag. Die daaglikse toegelate syfer is 650 miljoen liter water per dag.

Die gesamentlike damvlakke in die munisipaliteit het die afgelope week met 0,6% gedaal en staan tans op 83,1%.

“Soos wat ons begin vergeet van Dag Zero, neem verbruik toe. Ons doen ʼn beroep op inwoners om steeds in gedagte te hou dat die reënval die afgelope winter vir die vyfde agtereenvolgende jaar laer was as gemiddeld,” het Xanthea Limberg, burgemeesterskomiteelid vir water, gesê.

“Alhoewel hierdie onlangse toename in die waterverbruik nog nie uiters kommerwekkend is nie, kan ons nie seker wees hoe die reënval in die huidige en volgende reënseisoen gaan lyk nie. Ons moet steeds waterwys bly en ag slaan op ons waterverbruik.”

Kapenaars word gemaan om aankondigings oor waterbeperkings dop te hou en daarop te reageer.

Besoek www.capetown.gov.za/thinkwater vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

daniel ·

Suid afrika het net te veel mense vir n land met uiters beperkte bronne.

Naas ·

Ons damme is 83% vol en ons betaal steeds verhoogde waterskaars tariewe. Die DA sal nou weet hoekom hulle stemme verloor. Die meerderheid in die Kaapse Skiereiland betaal nie vir water nie. Dis siek.

Robert ·

Toe die water so skaars was is die druk in die pype verlaag om die msne te forseer om minder water te gebruik, hoekom word dit nie nog steeds gedoen nie? Die boland en skiereiland het nie genoeg water om ewig te hou nie.

Lewis ·

Dit maak die situasie in SA net gevaarliker. Hoeveel keer moet jy jou kop stamp voordat. jy leer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.