Die verhoor van die sewe beskuldigdes wat aangekla word van die moord op Piet Els (86), ʼn bekende sakeman van Kimberley, het begin.
Els en sy vriendin, Rikkie Alsemgeest, albei bekende sakelui van Kimberley, is die aand van 23 Januarie 2018 op Els se plaas sowat 10 km buite die dorp aangeval. Els is sowat vier maande ná die aanval in die hospitaal dood.
Morapedi Rankali, Motlalentwa Qhautse, Lizbeth Ndlala, Themba Lawrence Maja, Oupa Jeffrey Mahomane, Samson Sam Mbokane en Jabulani Wilson Zuma het Dinsdag in die hooggeregshof in Kimberley verskyn.
Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Noord-Kaap, sê die beskuldigdes word aangekla van moord, huisbraak met die opset om te roof, roof met verswarende omstandighede, ’n misdryf van seksuele aard asook die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen.
Daar word beweer dat die beskuldigdes die aand van 23 Januarie 2018 by Els se plaasgehuis ingebreek en hom en Alsemgeest aangerand en gemartel het. Die beskuldigdes het glo geld, goue muntstukke, diamante, juwele, kameras, vuurwapens en Els se motor gebuit.
Luidens die ondersoek het Els aan die beserings wat hy tydens die aanranding opgedoen het, beswyk, sê Senokoatsane.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Kom altyd in hordes om weerloses leed aan te doen …
Hmmm….. Dit vat sewe muise om ‘n ou man en vrou aan te val. Mag hulle vrot in die tronk.
Die wildehonde het toegeslaan en
n lewe geneem. Ons moet bid dat die Here die drek sal uitwis. Kom alle kerke, hou
n biddag.7 van hulle om 2 ou mense te martel en vermoor. Wys net van wat is hulle aanmekaar gesit
Honde jag in troppe-mag hulle nooit weer daglig sien nie.