Verhoor begin teen pa oor beweerde seksdade met seuns

Die hof in Modimolle, Limpopo. Foto: Maroela Media

Waarskuwing: Die berig bevat grafiese besonderhede en kan sensitiewe lesers ontstel.

Die verhoor teen ʼn pa van Limpopo wat daarvan beskuldig word dat hy twee van sy vier minderjarige kinders na bewering oor ʼn tydperk verskeie kere verkrag, seksueel aangerand en glo pornografiese video’s van dié voorvalle gemaak het, sal na verwagting Maandagoggend in die Modimolle-streekshof begin.

Die pa se naam mag nie genoem word nie om die identiteit van sy kinders te beskerm. Hy staan tereg op 14 aanklagte wat twee aanklagte van verkragting, asook seksuele aanranding, sameswering tot ʼn seksuele oortreding, seksuele uitbuiting van ʼn kind, kinderverwaarlosing en aanranding insluit.

Die man het in Februarie laas in die hof verskyn waar hy aangedui het dat hy ʼn nuwe regsverteenwoordiger het nadat sy vorige regsverteenwoordiger hom aan die saak onttrek het omdat die beskuldigde nie hul finansiële ooreenkoms nagekom het nie.

Die saak is daarna tot vandag uitgestel vir verhoor. Maroela Media verneem een van die slagoffers se pleegma sal die eerste wees om te getuig.

Maroela Media het vroeër berig die beweerde seksuele aanrandings het aan die lig gekom toe een van die man se seuns in pleegsorg geplaas is en in 2015, toe hy ses jaar oud was, vir sy pleegma daarvan vertel het.

Volgens die klagstaat voer die staat aan dat die pa die seun, nou agt jaar oud, en sy broer, nou nege jaar oud, gedwing het om seksdade met hom en mekaar uit te voer. Daar was glo soms ook ʼn tweede onbekende volwasse man betrokke. Die staat voer ook aan dat die beskuldigde van ʼn tweede onbekende man geld ontvang het in ruil vir seksdade met een van die seuns. Die pa word ook daarvan beskuldig dat hy video’s gemaak het tydens die beweerde seksuele aanrandings.

Die staat beweer die pa het die kinders opdrag gegee om hulle voor ʼn ander onbekende volwasse man uit te trek en dat hy een van die seuns glo met die vuis geslaan het.

Die beskuldigde het op 28 Junie 2017 vir die eerste keer in die hof verskyn waarna hy op ʼn waarskuwing vrygelaat is. Daar is tot op hede nog geen aanklagte teen die kinders se ma aanhangig gemaak nie. Dit is nie duidelik of die vrou van die beweerde seksuele oortredings bewus was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ouma ·

Die mensdom is net SIEK!! Sluit hom lewenslank op. Hy gaan weer uit die tronk en voortgaan met sy dade..

Willem de klerk ·

Ongelooflik hoe swak ons regstelsel is..uitgelaat op waarskuwing?

Onskuldig ·

Onskuldig tot skuldig bewys word….. of geld dit in sekere gevalle?

regtig? ·

Hoe kan die ma nie bewus wees wat aangaan nie? Kind met die vuis geslaan? Was daar dan nie blou kolle in kind se gesig op lyf nie? Sorry, maar ‘n 6 jarige en 8 jarige is onder ‘n ma se valk oog sy sien alles raak tot as daar ‘n hap uit kind se hare gesny is! Ma is net so skuldig!

Elize Louw ·

Ek sal graag wil weet wat is die persentasie misdaad plegers mans v vrouens? Dit blyk 99% mans en 1% vrouens. Mans regeer die land, sit die regsbanke vol, sit die raadsale vol. Dis tyd dat 99% van julle geknip word. Mevrou, mejuffrou moenie dat die man waarby jy betrokke is jou ‘n rat voor die oe draai nie, wees bedag .

Brannewyn_het_nie_brieke ·

Ek wil graag ‘n vrou sien wat ‘n kragstasie of enige ander industirële instelling ontwerp, beplan, bou, en onderhou. Ek wag…

Manne ·

In Amerika is kom dit gereeld aan die lig van onderwyseresse wat seks dade met van hulle seuns leerlinge pleeg.

Alice ·

Waar val jy nou uit Elize?? Vrouens pleeg ook misdade….wat van daai geval so jaar en twee terug van die Ma van Bloemfontein wat haar seun jare lank seksueel misbruik het. Dit was net so erg en daardie arme seun was bitter erg getraumatiseerd.

Ver links ·

@Debbie Louw, thank you and fully agree with your statement.

dolphin ·

die mense is siek ek verstaan nie so mooi nie is dit biologiese ouers of pleeg ouers wat die kind skande aangedoen het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.