Verhoor begin twee jaar ná Vaalharts-moorde

Elzabie, Breggie en Dan Brand.

Die vyf verdagtes wat vasgetrek is in verband met die moord op die Brand-gesin in die Vaalharts-omgewing, sal volgende jaar in die hooggeregshof in Kimberley in die Noord-Kaap verhoor word.

Khomotso Mpumlwana (43), Tshepo Visagie (36), Tshepo Seolesang (20), Tshepaone Melato (19) en Realeboga Manyedi (18) het Dinsdag vlugtig in die landdroshof op Hartswater verskyn. Hulle staan tereg op aanklag van moord, ontvoering en roof.

Volgens Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Noord-Kaap, is die saak na die hooggeregshof oorgeplaas en die verhoor sal van 5 tot 16 September volgende jaar daar plaasvind.

Die ontbrekende DNS-uitslae wat die saak vir meer as ʼn jaar lank laat sloer het, is ook afgehandel.

Die 83-jarige Dan Brand, sy 79-jarige vrou, Breggie, en hul dogter Elzabie (54) se liggame is op Dinsdag 28 Julie in die omgewing van die Takaneng-nedersetting in Taung, Noordwes, gevind.

Die drie is vermoedelik reeds die Sondagmiddag (26 Julie) ontvoer tydens ʼn aanval op ʼn kleinhoewe in die Vaalharts-omgewing naby Hartswater. Daar was tekens van ʼn struweling en bloedspatsels in die huis.

Vier van die verdagtes is reeds die Maandagaand (27 Julie) in hegtenis geneem en die vyfde Dinsdagoggend. Hulle het sedert hul inhegtenisneming verskeie kere in die hof verskyn en is vroeër vanjaar borgtog geweier.

Die Brand-moorde het die Vaalharts-omgewing geruk. Met die verdagtes se eerste verskyning in die landdroshof op Hartswater het honderde lede van die gemeenskap na die hof opgeruk om stem dik te maak teen dié moorde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Dries ·

Uiteindelik. Sterkte aan familie en vriende met die hofsaak.

Danie ·

Mag geregtigheid geskied en mag die vuilgoed nooit weer hulle voete in die samelewing sit nie.

Suzette ·

Dit is werklik onaanvaarbaar dat die regstelsel in SA in so ‘n toestand is – onbekwaamheid en verontagsaming van reëls en regulasies.

Di ·

As dit kom by misdade in hierdie land word daar ‘n ewigheid gesloer om die skuldiges vas te trek en uiteindelik te vonnis. Kom ons by korrupsie pleeg kan die spul ANC Kaders dit vinnig doen. Hoop die spul gemors bly in aanhouding tot die hofsaak voorkom, anders verdwyn hulle weer!

casper ·

Die ironie is dat as een van die oorledenes een van die verdagtes geskiet het was die verhoor na 2 weke en tronkstraf het gevolg !!!

Swerwer ·

Die feit dat daar ‘n Verhoordatum is is al vordering al is dit nog 9 maande vêr. Wonder net of die 5
die volle tydperk in die Gevangenis gaan sit en of hul weer op borgtog vrygelaat gaan word om hul volgende slagoffers te teiken.

Marius ·

Die voorkoms van plaas aanvalle en moorde word nog steeds ontken. Dit is versto.mend dat sake so lank kan neem om voor te kom, en dan is daar die lang uitstel datums.

WILLEM ·

Ons leef in ‘n tyd van bedreiging – geen veiligheid of gemoedsrus word meer ervaar nie. Kyk maar na die nuus op TV – dis alles net “swart” nuus.Blankes kom nerens voor nie. Moord op plase is alledaags. Korrupsie is nie meer nuus nie. Wat is nog aanvaarbaar in RSA??? Hoekom verduur ons dit, hoekom staan nie op en betoog ook nie – nee ons is te ordentlik, ons maak liewer ‘n bydrae. Bou nog tronke en raak ontlsae van die oortreders – as hulle gevang kan word??

JohanR ·

Ekskuus…onthou. Lyk my al weer te veel gedrink toe ek lees Zuma moet terug tronk toe!

SomeOne ·

” 5 tot 16 September volgende jaar daar plaasvind.” en intussen verdwyn hul tussen neus en oë

Johan ·

Geregtigheid moet seëvier. Sterkte aan familie en vriende met die hofsaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.