Verhoor oor Piet Els-moord hervat

Piet en Rikkie. Foto: Facebook

Die verhoor van die sewe beskuldigdes wat aangekla word van die moord op Piet Els (86), ’n bekende sakeman van Kimberley, is Maandag in die hooggeregshof in die stad hervat.

Els en sy vriendin, Rikkie Alsemgeest, albei bekende sakelui van Kimberley, is die aand van 23 Januarie 2018 op Els se plaas sowat 10 km buite die dorp aangeval. Els is sowat vier maande ná die aanval in die hospitaal dood.

Morapedi Rankali, Motlalentwa Qhautse, Lizbeth Ndlala, Themba Lawrence Maja, Oupa Jeffrey Mahomane, Samson Sam Mbokane en Jabulani Wilson Zuma staan tereg vir die moord op Els. Zuma is oudpres. Jacob Zuma se seun.

Volgens Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Noord-Kaap, het die staat Els se seun, Pieter Els, as getuie geroep. Hy het getuig oor die dag van Els se aanval.

’n Sersant wat vir misdaadintelligensie as misdaadontleder werk is ook na die getuiebank geroep om duidelikheid te gee oor hoe die polisie die verdagtes in hierdie saak kon ontleed en profileer, wat later tot hul onderskeie inhegtenisnemings gelei het, sê Senokoatsane.

Die beskuldigdes staan ook tereg op aanklag van huisbraak met die opset om te roof, roof met verswarende omstandighede, ’n misdryf van seksuele aard asook die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen.

Daar word beweer dat die beskuldigdes die aand van 23 Januarie 2018 by Els se plaasgehuis ingebreek en hom en Alsemgeest aangerand en gemartel het. Die beskuldigdes het glo geld, goue muntstukke, diamante, juwele, kameras, vuurwapens en Els se motor gebuit.

Luidens die ondersoek het Els aan die beserings wat hy tydens die aanranding opgedoen het, beswyk, sê Senokoatsane.

Els se ander seun, Adré Els (41), se liggaam is vroeër vandeesmaand in die veld op sy wildsplaas in die Schmidtsdrift-omgewing naby Kimberley aangetref. Familielede het op hom afgekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Toy ·

Ek dink die tronk op Robbeneiland moet hulle weer begin gebruik , daar waar die haaie soos wagte swem.

Miena ·

En ou JZ kan net nie uit die media bly nie… direk of indirek – maar hy is erens te vinde in n storie. Plaas dat hy homself op Nkandla toemaak en wegsluit van sy skandes en ongewildheid wat veroorsaak word en sommer sy kinders ook op hok hou. Is daar nie genoeg om te doen en hulself mee besig te hou in Nkandla nie?

Johann ·

Die gewetenlose goddelose boosheid loop onvermomd tussen ons rond en trek saam in georganiseerde troppe om te moor en verwoes.

Piet ·

Op ‘n ander noot: van die joernaliste se taalgebruik is dieselfde as van die kommentators s’n.

Swerwer ·

Al is Oom Els eers 4 maande later oorlede aan sy beserings moet die lae lummels van moord aangekla word!

Groen-oog ·

My pa se neef en nig is in Potch aangeval. Dit was in die nuus. Neef doodgeslaan met ysterstaaf hys op toneel dood en nig is maande later dood agv aanval en sy was in n koma van daai nag af tot haar dood. Daai hond is vir haar dood ook gevonnis.

Papsak ·

Zuma moet liewers sy bek styf toe hou en kyk na sy maaksels want sy kind word ook verdink en ek glo hy was betrokke gemors

Casper ·

Is dit toevallig dat Els se een seun ook vermoor is of is dit weerwraak omdat Zumpie se laaitie ook gevang is.Laaik father laaik son.Gee hom 20 minute vir my.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.