Verhoor van boervrou se vermeende moordenaar later hervat

Poenkie Bisset is in Desember verlede jaar vermoor. (Foto: Verskaf)

Die verhoor van Tshidiso Andries Matsoele, die man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn Vrystaatse boervrou op die Korhaanfontein-plaas in die Smithfield-distrik vermoor het, sal in Februarie volgende jaar in die hooggeregshof in Bloemfontein hervat word.

Matsoele staan tereg op aanklag van moord ná die dood van Poenkie Bisset (73), asook op aanklag van roof met verswarende omstandighede.

Bisset is in Desember verlede jaar vermoor.

Haar man, Arthur, het haar liggaam langs haar motor aangetref. Sy het ʼn meswond aan haar nek gehad en was reeds dood.

Die 43-jarige Matsoele is dieselfde dag in hegtenis geneem.

Brig. Motantsi Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê die saak teen Matsoele sal op 28 Februarie hervat word, wanneer die ondersoekbeampte en ʼn forensiese spesialis na verwagting sal getuig.

Matsoele bly intussen in aanhouding.

Arthur en Poenkie Bissett (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

kaplyn ·

Dit is nou weer die begin van uitstel, uitstel, uitstel ……. en dan word die saak laat vaar. Die onbeholpe regstelsel in SA is so voorspelbaar!

jzjz05 ·

Hoekom is dit so swaar om iemand te laat boet vir sy dade?of is dit maar een van die simtome van n swak bestuur.

Blomme ·

Hoe het ons by hierdie punt beland? Moord en geweld is dan nou aan die orde van die dag en dit lyk asof dit die normaalste ding op aarde is. Dis skokkend om te dink in die land word hierdie misdade as alledaags beskou en geen pogings vd regering word aangewend om te wys dat dit nie aanvaarbaar is nie. Pateties verby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.