Die twee mans wat beskuldig word van die moord op die teologiestudent Jesse Hess en haar oupa sal volgende jaar verhoor word.
Hess, ’n 19-jarige student aan die Universiteit van Wes-Kaapland, en haar 85-jarige oupa, Chris Lategan, se liggame is in Augustus 2019 in hul woonstel in Parow ontdek. Lategan se liggaam is in die badkamer aangetref waar hy vasgebind was. Hess se liggaam is op haar bed aangetref. Sy is verkrag.
Die beskuldigdes, David van Boven (31) en Tasliem Ambrose (38), het Maandag vlugtig in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn waar hul verhoor moes begin het. Die twee staan elkeen tereg op twee aanklagte van moord, verkragting, bedrog, diefstal, en twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede.
Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, sê die verhoor sal op 1 Februarie volgende jaar begin. Hy sê die beskuldigdes se regsverteenwoordigers is tans besig met ander groot sake en daarom word die saak eers uitgestel.
Maroela Media het vroeër berig die staat het in die hof aangevoer dat die beskuldigdes destyds Lategan van sy Nokia-selfoon en televisiestelle beroof het. Hess is van haar Samsung-selfoon, juwele, haar bankkaart en haar skootrekenaar beroof.
Daar is op die dag van die moorde R100 uit Hess se bankrekening in die omgewing van Bellville onttrek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Vreeslike land waarin ons woon. Moord en verkragting het ‘n algemene misdaad geword die afgelope 20 jaar.
die saak kom eers in feb 2022 voor, dink die regsspan dat ieder een van die beskuldiges dalk nog sal lewe, enigiets kan met ons almal gebeur
Verstaan ek reg verdediding bepaal Hofagdnda?
Gssn hjlle in aanhouding bly?
Jong mens is vermoor maar Misdadigers kry voorkeur
Oo!! ander sake is belangriker, wat van die naasbestaandes van die 2 mense, hulle wil seker ook “closure” hê.