ʼn Dringende soektog is van stapel gestuur na ʼn 28-jarige verhoorafwagtende wat Dinsdag omstreeks 09:00 uit aanhouding ontsnap het.
Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê Tshepo Stephen Botabota is in hegtenis geneem op aanklag van verkragting, moord en roof wat tussen 2019 en 2021 gepleeg is. “Hy is na ʼn tronk in Polokwane vervoer toe hy uit die polisievoertuig ontsnap het. Hy het ʼn blou T-hemp en swart kortbroek aangehad.”
ʼn Bykomende aanklag van ontsnapping uit aanhouding sal nou ook op sy klagstaat bygevoeg word.
ʼn Span speurders is aangestel om die verdagte op te spoor en die omstandighede rondom die ontsnapping te ondersoek.
“Lede van die gemeenskap word gemaan om nie te probeer om self die verdagte aan te keer nie, omdat hy as ʼn baie gevaarlike man beskou word.”
Enigiemand met inligting oor waar Botabota homself bevind word versoek om lt.kol. Stimela Kanyane te kontak by 082 729 1042.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Ai tog. Ons polisie diens laat te veel na wense oor.
So ek neem aan hy was nie geboei soos voorgeskryf nie.Ek neem aan die polisie bewaking was agterlosig of hy is doelbewus vrygelaat teen ‘n fooi natuurlik
Ek wonder net altyd waarom daar deesdae so baie ontsnappings plaasvind? Onbekwame SAP lede? Hulp van korrupte lede? Die lys kan aangaan….
Klaar terug in Zimbabwe is hy . Oulike werk , SA se Polisie diens , knap gedaan.
Ontsnap met hulp van binne …