Verhoorafwagtendes ontsnap in Noordwes

Die verhoorafwagtendes wat deur die dak ontsnap het (Foto verskaf deur SAPD)

Die polisie in Mogwase, Noordwes, het ʼn soektog van stapel gestuur ná 10 verhoorafwagtendes Woensdagoggend ontsnap het.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê die groep het deur die dak ontsnap ná hulle die maasdraad oopgeknip het.

Die groep is Johannes Mogari Nowata, Katlego Nkitle, Omphemetse Moeng, Joseph Molefe, Tebogo Michael Langeni, Obvious Mlambo, Lebogang Mokotleng, Adonis Mpofu, Eric Mkhonazi en Tshiamo Mogale.

“Die persone, tussen 18 en 56 jaar oud, het ten tye van die voorval tereg gestaan op aanklagte wat strek van huisroof en die besit van gesteelde eiendom tot roof met verswarende omstandighede, moord, poging tot verkragting en roof.”

Die interne ondersoek rondom die voorval duur voort.

Die gemeenskap word aangemoedig om nie die verdagtes self aan te keer nie, aangesien hulle as gevaarlik beskou word. Indien jy iemand opmerk, kontak die ondersoekbeampte kapt. Malope Mabula by 082 569 4887.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.