Drie verhoorafwagtendes het Maandag uit selle by die Lehurutshe-landdroshof in Noordwes ontsnap.
“Thabo Motsumi (24), Andile Lindi (21) en Kagiso Tshukutswane (22) het in die hof verskyn op aanklag van sakeroof en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die manier waarop die verdagtes ontsnap het, word ondersoek.”
Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het die gemeenskap versoek om met die polisie saam te werk om die verdagtes so gou as moontlik weer aan te keer. Kontak kapt. Mabale by 082 375 4978 of ao Letsapa by 018 365 3553.
Dis nie meer iets nuuts nie – elke bakkatel ontsnap deesdae – natuurlik met die hulp.van die polisie- aan die slaap is hierdie kamtige geregsdienaars
Rens, dit is irrelevant (ek weet), maar ek moet jou net daarop wys dat jou woordkeuse nie reg is in jou opmerking nie. Dit is seker nie elke “bakatel” wat ontsnap nie – ‘n bakatel verwys na iets van mindere waarde of belangrikheid. Jy moes miskien net gesê het enige een kan ontsnap deesdae. Stem 100% saam met jou mening. Dié BLIKSKOTTELS het vir seker ontsnap, in samewerking (omkopery) met/van die polisiebeampte(s) aan diens of a.g.v. nalatigheid.
Ja Rens Roodt dit is soos jy sê korrupte geregdienaars.
Hoe en op watter manier het hierdie verdagtes dan ontsnap? Speel oop kaarte en gee die publiek die korrekte inligting of was dit weer op ‘n manier waar dinge onder die mat gevee word om nie weereens die swakhede uit te wys of om die polisie in verdere onguns te plaas/bloot te stel nie? Ongeag, die waarheid sal tog seëvier.
Soos ek vantevore gesê het: daar bestaan blykbaar nie meer iets soos ‘n opregte polisieman of -vrou nie. Hulle volg die voorbeeld wat die land se leiers daarstel.
Haai nee, Veritas, nou veralgemeen jy darem baie. Ons maak gebruik van die SAPD De Doorns, en ek moet sê ons plaaslike polisietak is seker een van die beste. Daar is vir seker baie polisiebeamptes wat nog altyd hul eed van Servamus et Servimus nastreef en hul gemeenskap in eerlikheid dien en hul uniform met trots dra.
Het hulle “ontsnap” of is hulle “losgelaat”?
Ja nee – ontsnappings vier nou deesdae hooggety. Slaplê is die inding of is dit net plein treurigheid. Die wat verantwoordelik is vir die gevangenes moet bietjie vasgevat word. Dalk gaan vir opleiding want hulle kry mos alles op ‘n skinkbord deesdae.
Dit maak my siek! Ons wat op groot marico bly sal graag wil fotos sien.
Waar in die Noordwes? Provinsies is groot en mense moet weet by watter dorpe of stede die …… rondbeweeg.
Ghia, daar staan Lehurutshe in die berig