ʼn Verhoordatum is vasgestel vir vier senior amptenare en ʼn voormalige burgemeester van George wat aangekla word van korrupsieverwante gedrag in die DA-beheerde munisipaliteit.
Die beskuldigdes se name mag nie bekend gemaak word voordat hulle op 9 Oktober in die hof verskyn het nie, maar dit is bekend dat die DA reeds maande gelede die betrokke burgemeester afgedank het nadat die provinsiale regering ʼn forensiese oudit laat doen het.
Die Valke het die saak ook ondersoek, met die gevolg dat die voormalige burgemeester nou teregstaan op klagte dat hy onder meer omkoopgeld van R755 000 binne nege maande ontvang het. Dit staan na verneem word veral in verband met ʼn rioolprojek.
Die voormalige burgemeester se opvolger is Leon van Wyk, ook van die DA.
Die DA-kiesafdelingshoof vir George, Geordin Hill-Lewis, het gesê die party wag die verhoor gretig af, veral omdat die magdom getuienis baie vertragings in die vervolging beteken het.
“Ons meen dit wys ook dat die DA se optrede die afgelope jaar om George se bestuur reg te ruk, vrugte afwerp. Daar is nog baie werk voor, maar ons is op koers. Ons verdra nie korrupsie nie. Weet dit maar – as jy korrup optree in die DA, is jou tyd kort,” het Hill-Lewis gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Riool projek? Verskaffing….verwydering…verwerking…? Of politiese aanstelling? Min of meer die selfde.
DA en cANCer is bedmaats