Verhoordatum vas vir Malema, Ndlozi

Julius Malema en Mbuyiseni Ndlozi (regs). Foto: EFF

Julius Malema, leier van die EFF, en Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, het vandag in die Randburgse landdroshof op aanklagte van aanranding verskyn. Hulle word vervolg vir die beweerde aanranding van ’n SAPD-kolonel tydens Winnie Mandela se begrafnis.

Die verhoordatum is vasgestel vir 10 Maart volgende jaar. Die verrigtinge sal om 08:30 in hof 14 plaasvind. Malema hou vol hy het nooit aan die polisieman geraak nie.

Dít volg nadat AfriForum in Julie vanjaar aangekondig het dat hulle beoog om die hof te nader met ’n mandamus-aansoek om die NVG te verplig om ’n besluit te neem oor die vervolging van Malema rakende hierdie saak. Die NVG het in September aangekondig dat hulle Malema wel vir die beweerde aanranding gaan vervolg.

Malema en Ndlozi het na bewering in April 2018 ’n senior polisieman in uniform aangerand tydens ’n voorval wat op kringtelevisiekameras vasgevang is. “Die polisieman het ’n klag by die polisie aanhangig gemaak, maar dit het geen polisie-aandag geniet totdat AfriForum se privaatvervolgingseenheid in Januarie 2019 navraag oor die ondersoek gedoen het nie,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.

Kriel sê Malema se vervolging op dié aanklagte is nie net ’n oorwinning vir AfriForum nie, maar vir almal wat glo in die beginsel van gelykheid voor die reg. “Niemand is verhewe bo die reg nie en AfriForum verwelkom die feit dat Malema uiteindelik sy dag in die hof gekry het. Malema het gedink hy is onaantasbaar, maar te danke aan die druk wat AfriForum op die NVG uitgeoefen het, gaan hy uiteindelik verantwoording moet doen.”

Malema verskyn ook op 27 November vanjaar in die hof in Mdantsane, nadat hy skote by die EFF se vyfjaarfeesvieringe in die Oos-Kaap afgevuur het.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Koos B ·

Hoe kry hulle dit reg om ‘n polisieman aan te rand en daar kom niks van voordat Afriforum navraag doen nie ?Ek mag dalk ‘n bietjie dom klink maar het dit nie dalk iets met die polisie lid se kleur te doen nie ?

Anel ·

Rand ‘n polisieman aan en kom niks oor nie,aar o, wee, moet hom net nie vloek nie dan gaan jy tronk toe. My 1/4 breinselletjie kan nie by hierdie een se antwoord uitkom nie.

Nooit ·

Hy gaan miskien in die hof verskyn maar dit beteken niks. Hy sal soos elke ander keer skotvry afkom.

wicus ·

Stem 100% saam, sekere wette is net van toepassing op blankes!

Willem Grobler ·

Laat ek nou ‘n paar skote met ‘n geweer hier in die munisipale gebied waar ek woon afvuur dan is ek binne ure in die hof en al my vuurwapens word verbeurd verklaar. Of laat ek nou ‘n polisiekolonel aanrand!! Maar moenie bekommer nie – ons is almal gelyk voor die reg in hierdie “demokratiese” Suid-Afrika. Grappie

Judge Dredd ·

Op 10 Maart 2020 word hof verrigtinge weer uitgestel vir 6 maande….

Peet J ·

Vermorsing van ons belastingbetalers se geld, kan nie dink dat Afriforum hulle tyd mors met sulke eenvoudigheid nie .

LHS ·

Kan maar solank begin met n apelsaak teen die kamstige vonnis wat gaan kom.

ryan ·

Ek hoop regtig die SAPD kolonel sal nog daar wees om te getuig. Hulle bestel mos om iemand aan te rand (selfs deur die dak inbreek) en brutaal te vermoor soos onlangs gesien..veral mense wat vir hulle ‘n bedreiging is.

susan ·

Ja en nogal hoeveel borg betaal-nie n dooie sent nie, maar net vry om weer amok te maak.
Ai ai ons regering is kadoef.

colleen ·

Op 10 Maart is dokumente nog nie gereed nie, of iemand is siek en en en….. So sal dit uitgestel word vir 15 jaar soos JZ se wapen skandaal.

James ·

Hulle gaan weer niks oorkom nie. Hulle mos bo die wet en die regters op hulle payroll

Kabous ·

Tja, uit die regering se oogpunt is al sy onderdane gelyk… behalwe, natuurlik, vir ʼn klein en baie bevoorregte elite. Ek kan my asem gemiddeld so 60 sekondes ophou. En so 2 minute as ek baie hard probeer.

PK ·

Net nou die dag is ‘n moordverhoor binne ‘n paar maande afgehandel wat in Rondebosch deur ‘n poskantoorwerker gepleeg is. Malema en kie se sake neem gewoonlik jare. Hoe verstaan jy dit.

HARRY ·

Het nie eens borgtog gekry nie.As ons dit doen sluit hulle ons toe sonder borg.???

jakes ·

Ek sal daarvan hou om n sel saam met Malema te deel dan kan ek hom maniere leer.

Linda J ·

Hoekom eers 10 Maart 2020??? Was dit ek was ek al lankal in die tronk. Dankie Afriforum dat julle darem die JM wys hy is nie verhewe bo die wet nie.

Gertjie ·

Netso Judge!
En dan weer uitgestel, en weer uitgestel……………

Willie ·

Die keer sal hulle maar moet doen wat nodig is. Afriforum is n slagyster vir diegene wat probeer wegkom . Hoera vir Afriforum nog n veer in jul hoed.

Ore ·

Hy lyk weereens selfversekerd en verwaand,koggel behoorlik die regstelsel.Ek vermoed die howe hanteer hom sagkens omdat hulle bang is dat sy volgelinge amok sal/gaan maak.Hy bly steeds bo die reg verhewe.

Gerda ·

Ek is bevrees dat elke keer wat Afriforum n saak wil dryf, die NVG skielik self die saak hof toe neem ………. net om te verloor….. Is dit taktiek?

JohanL ·

In hoeveel beskaafde Westerse lande verskyn ‘n politieke leier twee keer binne maande in die hof en gaan voort met sy loopbaan asof niks gebeur het nie? Ja, ek besef hy is nog nie skuldig bevind aan enige iets nie — en hy sal waarskynlik in elk geval skotvry daarvan afkom. Daarvoor sal ons onbevoegde regstelsel (oeps mag ek dit kwytraak??) sorg. Maar die is net ‘n bewys van die “vlak van mense” wat in SA politiek is.

Die saak sal uitgestel word, Malema gaan siek wees en so sal dit aangaan tot daar kwansuis “buite die hof” geskik gaan word.

Tjaka Erasmus ·

Ek’t nie meer vertroue in ons howe nie. Hulle sal ‘n regverdigingsgrond fabriseer en uitstap. Hier gaan niks van kom nie.

John Ferreira ·

Malema moet maar vir hom ‘n kantoor open by die hof

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.