Verhoordatum vir Malema se vuurwapensaak bepaal

‘n Skermgreep uit die video wat wys hoe EFF-leier Julius Malema in Mdantsane in die Oos-Kaap glo met ‘n aanvalsgeweer losbrand.

Julius Malema, leier van die EFF, sal in Augustus verhoor word op die vuurwapenverwante aanklagte waarop hy tereg staan.

Malema en Adriaan Snyman staan tereg op verskeie aanklagte wat verband hou met Malema se beweerde afvuur van ʼn vuurwapen by die EFF se vyfjaarfeesviering in Mdantsane in 2018. Snyman het die vuurwapen glo vir Malema aangegee voordat dit afgevuur is. Snyman is na bewering die eienaar van ʼn private veiligheidsmaatskappy wat tydens die voorval dienste aan die EFF gelewer het.

Die aanklagte teen Malema behels die onwettige besit van ʼn vuurwapen, die onwettige besit van ammunisie en drie aanklagte van die oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer.

Snyman staan tereg op een aanklag van oortreding van dieselfde wet.

Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Malema en Snyman was albei vandag in die Oos-Londen-streekhof teenwoordig.

Die saak sal van 23 tot 27 Augustus aangehoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Pierre ·

Daar sal niks van kom nie, die beste uitslag wat ons kan verwag sal `n waarskuwing wees.

Pieter ·

ook 20 jaar later aangehoor en dan gaan hy 400 keer uitgestel word. Is alles so n klig.

Genis ·

Hoeveel keer moet dit nog uitgestel word? En sal sy Hof-Chommie Cele dit toelaat dat die ANC se skoot hondjie aangekla word?

Nozi ·

Ag nou hoeveel keer gaan hierdie saak nog uitgestel word. Ek wens hul wil nou hierdie mannetjie bere en klaar kry. Dan kan almal in rus en vrede leef.

Aikie ·

As hulle hom bere kom hy in aanmerking vir president. Gee hom net ‘n vet boete.

LANA is ELANè ·

En ek voorspel die vonnis as volg, ‘n ligte tikkie oor die vingers met ‘n klein ou boetetjie daarby wat sê sorg net vlg keer dat niemand videos van jou neem as jy jou soos ‘n “trigger happy cowboy” gedra. Gewone wette geld mos nie as jy JM is nie daar is ‘n aparte stel reëls en wette vir hom en diesulkes soos hy

Persheks Adri ·

Hy beter nou gaan sit pffft ons is moeg verby vir die petters wat maak wat hulle wil en weg kom met alles magtag tsssk!!!

Porseleintjie ·

Julius is mos die eintlike president van SA. Dus nes Zuma sal die saak op niks uitloop nie. Verhewe bo die wet is hul en die belasting betalers betaal weereens die gelag.

JohanR ·

Julius you naughty naughty boy for firing a gun in a public place. The bullet could have gone up and up and come down on your fat friend Floyd Shivambu. I therefore sentence you and Floyd for possible hardship and future possible hardship, to seven nights free eating at Kentucky Fried Chicken!

Debbie ·

Dan Augustus word dit weer uit gestel en so gaan dit aan tot daar niks daarvan kom nie

Rentia ·

So moeilik om ‘n verhoor te kry? Om met te begin? Nee wat, hier sal niks van kom nie. Miskien ‘n ligte boete maar dis dit. Dis al 3 jaar later, wie onthou presies wat het jy gedoen 3 jaar terug op die spesifieke dag? Dit sal eers ‘n draai gaan maak my gedokterde videos, en miskien oor 3 jaar werklik “begin”. Soos dit nou aangaan, moet ons hoop daar is nog enigsins ‘n regstelsel oor 3 jaar….

Nico ·

Mense is deesdae baie negatief omdat Malema en Zuma albei letterlik omtrent met moord wegkom. Ja dit is waar. Beide het al met baie weggekom, en sal vorentoe seker ook.
My probleem is dit: Ons laat toe dat die dinge gebeur want as ‘n nasie, kon ons wittes nog nooit saam staan nie. Ons moet op ons agterpote klim en wys hoe ons voel, sonder dat ons soos hulle, eiendom beskadig en simpel raak.
Steve Hofmeyr steil!!!!

Mariana ·

Van uitstel kom afstel en Julius weet hy sal niks oorkom nie. Hy is mos darem die ANC se kroonprins en mag maak nes hy wil. Hy hoort agter tralies maar helaas sal nie daar wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.