Verhoordatum vir saak teen Zuma, Thales

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Sandile Ndlovu/Pool)

Die verhoor van die Franse wapenvervaardiger Thales en oudpres. Jacob Zuma sal in Mei plaasvind, het die hooggeregshof Dinsdag beslis.

Die oudpresident en wapenvervaardiger staan ​​tereg op 16 aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery. Die saak hou verband met die wapenskandaal, toe wapentuig van Thales aangekoop is toe Zuma adjunkpresident was.

Zuma het destyds na bewering meer as R4 miljoen in omkoopgeld in die sak gesteek.

Zuma en Thales ontken skuld.

Regter Nkosinathi Chili het vanoggend in die hooggeregshof in Pietermaritzburg gesê die saak is gereed om aangehoor te word en die verhoor sal van 17 Mei tot 20 Junie plaasvind.

Zuma was nie in die hof toe die verhoordatum bekend gemaak is nie. Die oudpresident het vooraf gevra om van die verrigtinge verskoon te word.

Maroela Media het vroeër berig die verhoor is verlede jaar vier keer uitgestel.

Thales het verlede jaar die hersieningsaansoek ingedien en aangevoer daar is ʼn gebrek aan bewyse. Die aansoek is egter van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Hennie ·

Nah, gaan net weer uitgestel word. Zoempie is ‘n lafaard – hy wil nie sy dag in die hof hê nie.

Rentia ·

In alle bikkikheid… JZ het soveel sake teen hom, en die een sloer so lank al die regters sal afgetree wees teen die tyd dat dit klaarmaak.

My siening ·

Hy gaan weer siek pleit Mei en dan dans die kaders weer! Hy bly maar walglik.

Magda ·

Sluit toe want julle mros net ons belasting geld op die skelm

Misky ·

Ek dink nie ons moet opgewonde raak nie. Die man speel vir tyd en ons regering te bang om stappe te neem teen hom, want dan sink almal saam hom. Grootste klug van die dekade

SomeOne ·

en die “staat” val elke slag vir sy grappe, hoe pateties, onbevoeg, onbeskryflik, waar in die wereld het sake al dekades geneem om afgehandel te word ?

Stefan ·

Maar hy kan nou mos maar gewoon weer wegbly, dis dan nou blykbaar toelaatbaar.
Wonder net of ander ook so maklik daarmee wegkom.

Yvonne ·

Die howe is deesdae lamsakkig …jammer dit werk nie so vir ons almal nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.