Verhore oor elektrisiteitspryse gekanselleer

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

Die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) het Woensdagmiddag aangekondig van die beplande openbare verhore om die voorgestelde tariefverhogings in elektrisiteit te bespreek, is gekanselleer.

Eskom het onlangs versoek dat kragtariewe vanjaar met 16,6% verhoog moet word sodat die kragvoorsiener die R22,8 miljard wat hy benodig, kan invorder.

Openbare verhore is vir regoor die land beplan, waarvan die eerste Dinsdag in Kaapstad plaasgevind het. Daar het die sakesektor Eskom daarvan beskuldig dat hy verbruikers dwing om die prys te betaal vir die maatskappy se swak beplanning en begrotingsbestuur. Eskom het teruggekap daar was geen foute in sy aansoek nie, aangesien dit onafhanklik deur Deloitte geoudit is.

Nersa het egter kort daarna die ander verhore in die Vrystaat, Mpumalanga en Limpopo gekanselleer weens “’n tekort aan belangstelling”. Die verhore, in KwaZulu-Natal, Noordwes, die Noord-Kaap en Gauteng, gaan voort soos beplan.

Intussen het die vakbond Solidariteit Woensdag gesê Eskom se monopolie op kragverskaffing is die rede vir die buitensporige tariefverhogings op elektrisiteit. “Eskom se voortslepende finansiële probleme en die gevolglike skerp styging in die prys van elektrisiteit kan alles aan die regulatoriese raamwerk rondom kragopwekking in Suid-Afrika toegeskryf word,” het Francois Redelinghuys, woordvoerder van Solidariteit, gesê.

Redelinghuys meen die monopolistiese struktuur van kragverskaffing in Suid-Afrika keer dat mededinging doeltreffendheid in die industrie aanwakker. “Eskom loop nie ʼn beduidende gevaar om ʼn deel van sy markaandeel aan ander maatskappye af te staan nie. Daarom is Eskom nie onder druk om die beste diens teen die beste prys te lewer nie,” het hy gesê.

Volgens Redelinghuys moet verbruikers dus gewaarsku word teen die regulatoriese proses wat Nersa volg om pryse vas te stel. “Aangesien geen markproses bestaan om elektrisiteitspryse te bepaal nie, is dit onmoontlik om vas te stel wat die ‘regte’ prys van elektrisiteit is. Wanneer Nersa dus ʼn nuwe tarief aankondig, is dit in werklikheid ʼn aanbod wat die Suid-Afrikaanse publiek verplig is om te aanvaar,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg die oplossing vir Eskom se finansiële probleme lê nie in die verhoging van kragtariewe opgesluit nie. “Eskom is berug daarvoor dat hy buitengewoon duur kontrakte in die naam van swart ekonomiese bemagtiging toeken. Deur hierdie praktyk te staak, kan Eskom sy bedryfsuitgawes aansienlik verminder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

DPJ ·

Deur ‘n monopolie daar te stel is geen prys vergelyking moontlik. Kyk na dieherwinbare aanleg te bronkhoortspruit wat se tariewe hulle vir BMW vra vir die krag lewering.
Skokkend.

Rynhardt ·

Die publiek kan nie nog n tariefverhoging bekostig nie! Eskom-geldwolwe wurg Jan publiek dood! Lynn Brown van Anc weet goed wat aangaan by Eskom en sy en Anc speel die publiek.Eskom is deurmekaar soos spaghetti op jou bord wat jy sukkel om uitgesorteer te kry! Die kragreus sit met te veel Laurel en Hardy’s wat nie die mas kan opkom nie.Ek glo dat dit gaan nog later uitkom van hoe Eskom die publiek opsetlik finansieel ruineer,asook die wanordo wat daar heers! Ons is lankal slawe van n gewetenlose, georkesreerde sisteem wat vere voel van hoel hul mense melk.

Vicus ·

Verduidelik asseblief aan my hoe dit moontlik is dat julle hierdie jaar R 7 Miljard se skuld van Soweto gaan afskryf? Is dit nie rassistiese optrede nie?

Pieter.v ·

Eskom sal nie op tree teenoor kragdiewe en wan betalers want dis byna verkiesings tyd,en as daar behoorlike bestuur is en nie die buitesporige hoe salarisse en bonuses betaal word nie sal dit nie nodig wees vir buitensporige verhogings nie

johan ·

Eskom moet eers die onwettige krag verbruikers laat betaal en munispale owerhede doen niks rondom onwettige verbruikers. Nou moet ons opdok vir hul nalatigheid

zar ·

Dis hoe hierdie komministiese regering van on dit doen. Die ou klein minderheids groepie
in die land moet almal dra, maar ons het die minste regte in die land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.