Verhore oor grondregte-wysigingswet afgehandel

Die konstitusionele hof. Foto: Reint Dykema

Die komitee vir landelike ontwikkeling en grondhervorming het openbare verhore oor die Wysigingswet op die Herstel van Grondregte in al die provinsies afgehandel.

Duisende mense het dié verhore bygewoon om hul opinie oor die Wysigingswet te lug en om hul insette te lewer oor hoe die wet vir hulle kan werk.

Pumzile Mnguni, die adjunkvoorsitter van die portefeuljekomitee oor landelike ontwikkeling en grondhervorming, het gesê sommiges het voorgestel dat daar op ʼn permanente basis regters aangestel word om waar te neem oor grondeise, terwyl talle die komitee gemaan het om in te gryp en aantygings van bedrog en korrupsie binne die departement te ondersoek.

Mnguni het gesê die komitee sal nie rus voordat hul werk voltooi is nie.

“Ons is deur die konstitusionele hof opdrag gegee om omvattende openbare verhore oor die Wysigingswet oor die Herstel van Grondregte te hou en ons het dit gedoen. Ons het na al nege provinsies gegaan en mense die geleentheid gegee om hul stem te laat hoor en om vir die komitee te skryf. Alle insette word tans opgeneem en gekategoriseer,” het Mnguni gesê.

Volgens hom sal die komitee ná die parlement se reses weer vergader om verder oor die insette wat ontvang is te beraadslaag.

Hy het alle Suid-Afrikaners verseker dat alle bekommernisse wat uitgespreek is tydens die openbare verhore aandag sal kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

ES ·

Sien is glo. Ek dink die hele oefening was ‘n mors van tyd. Hulle gaan in elke geval doen net wat hulle wil.

Tyd ·

… Om nie te praat van ‘n vermorsing van geld nie. Ek wonder hoeveel mijoene die ‘verhore’ gekos het.

Nikita ·

Ja en nou is dit die verdere gewag en dryf ons voort tussen hoop en vrees, want als voel nou soos n staatsgeheim.

Alida ·

Die besware gaan in elk geval in die asblik beland dan doen hulle net wat hulle will.

Sarel ·

Dit was niks anders as n voorverkiesing veldtog nie en die EFF het die beste voordeel gekry .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.