Verjaardaguitstappie eindig tragies

Die liggaam word van die berg verwyder. (Foto: Nasionale Seereddingsinstituut)

Die liggaam van ’n vrou is Sondag deur reddingswerkers verwyder nadat sy op haar 31ste verjaardag by die Chapmanspiek-uitkykpunt in Houtbaai naby Kaapstad afgeval en gesterf het.

Die 31-jarige vrou van Seepunt, Kaapstad, het Sondag glo saam met geliefdes by dié gewilde toeristebestemming vir haar verjaardag gaan stap toe sy by die uitkykpunt gegly en geval het.

Volgens Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), is die NSRI se bemanning van Kommetjie en Houtbaai na die toneel ontbied nadat ’n ooggetuie met afgryse toegekyk het hoe die vrou van ’n krans afval.

Ambulansdienste, polisiebeamptes, reddingswerkers, asook ’n reddingshelikopter is op ’n kransvlak onder die uitkykpunt ontplooi om die vrou te hulp te snel. Sy het egter reeds aan haar beserings beswyk en is op die toneel amptelik dood verklaar, het Lambinon gesê.

Die vrou se naasbestaandes is op die toneel deur ’n polisietraumaberader, NSRI-bemanning en paramedici bygestaan waarna haar liggaam van die berg verwyder en in die sorg van forensiesepatologiedienste gelaat is.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Die liggaam word van die berg verwyder. (Foto: Nasionale Seereddingsinstituut)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Liza ·

Jacques, ons bid vir jou en die familie in die hartseer tyd met jou sussie….liewe Jesus sal julle dra in die tyd….baie sterkte!!!

linda limbo ·

glad nie lekker om die dinge te lees……….
hou vas aan die Koning sterkte
RIP

Hannelie ·

Ai dis so hartseer. Baie sterkte aan haar familie en geliefdes

L ·

Lieflike mens gewees, sy het gesterf soos sy geleef het….In die natuur. Rus in vrede

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.