Verjaarsdagkoek vir Panayiotou in die selle

Moordbeskuldigde Christopher Panayiotou tydens 'n vorige verskyning in die Port Elizabeth-hooggeregshof saam met sy twee medebeskuldigdes, Sizwezakhe Vumazonke (middel) en Sinethemba Nenembe (26 Julie 2016) Foto: Raahil Sain/ANA

Moordbeskuldigde Christopher Panayiotou tydens ‘n vorige verskyning in die Port Elizabeth-hooggeregshof saam met sy twee medebeskuldigdes, Sizwezakhe Vumazonke (middel) en Sinethemba Nenembe (26 Julie 2016) Foto: Raahil Sain/ANA

Christopher Panayiotou se familie en vriende het Woensdag by die hooggeregshof in Port Elizabeth se aanhoudingselle opgedaag om sy 30ste verjaarsdag met koek en voorafbespreekte etes te vier.

Die sakeman word daarvan beskuldig dat hy die moord op sy vrou Jayde in April verlede jaar gereël het. Woensdag is die 16de dag in Panayiotou en sy twee medebeskuldigdes, Sinethemba Nenembe en Zolani Sibeko se hofsaak.

ʼn Familielid het Woensdag ʼn blou kaartjie met die woorde “Happy Birthday” en ʼn koek in ʼn boks gedra. Die koek is in ʼn yskas by ʼn koffiewinkel naby die hofgebou gebêre. Kort ná die hofverrigtinge verdaag is, het Panayiotou se ma Fanoula, sy tannie en ʼn familielied, Anthony, die boks met die koek in, in die hofgebou ingedra. Die boks was in hierdie stadium met ʼn stuk lap bedek.

Anthony het die boks gedra en reguit deur die gebou gedra sonder dat hy deur veiligheidsbeamptes deursoek is.

Panayiotou se ma en pa, Fanoula en Costa, en sy oom, dra al op ʼn daaglikse basis sedert die aanvang van die hofsaak, items by die hofgebou in. Dit sluit breekware en kos in.

Veiligheidsbeamptes het verskillende weergawes aan die media gegee waarom Anthony nie deursoek is nie. Hulle het aanvanklik gesê hulle het opdrag ontvang dat kos in die gebou toegelaat word, maar hulle het nie gesê wie toestemming gegee het nie. In nog ʼn weergawe het die beamptes beweer hulle was nie bewus daarvan dat die Panayiotous lede van die publiek is nie, en het gesê prokureurs mag kos indra.

Lede van die publiek mag nie kos in die Port Elizabeth-hooggeregshof inbring nie. African News Agency (ANA) het die hofbestuurder, Ilona Buys, genader om die reëls te hoor oor lede van die publiek wat kos in die hofgebou in bring.

Buys het aan verslaggewers gesê sy was nie bewus van ʼn familievriend van Panayiotou wat nie deursoek is nie, sy het ook nie geweet dat ʼn koek in die gebou in gebring is nie. Sy het onderneem om die saak op te volg.

Alwyn Griebenow, Panayiotou se prokureur, het later verskeie borde voorafbestelde kos in die hofgebou ingebring. Griebenow het gesê alle items, insluitend kos, word deur polisiebeamptes deursoek voor prokureurs met Panayiotou by die hof se aanhoudingselle vergader.

“Die polisie het die sleutel van ʼn kamer en ons sit agter geslote deure en vergader. Alles word deursoek voor ons in die kamer ingaan. Ons eet middagete en konsulteer, en vir die afgelope drie en ʼn half weke word kos gereël, maar alles word deur die polisie deursoek voor ons die kamer betree.”

Griebenow het ANA uitgenooi om die prosedure waar te neem.

Die hofsaak duur Donderdag voort.

Lees alle vorige berigte oor Christopher Panayiotou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Thinking Face ·

mmmm dit hoe dit gaan in ons land moordenaar word sommer toe gelaat on verjaarsdag te veer met koek en eet goed
dit hoe moordenaar mons behandel word in ons land

Alida ·

Dit is pure bog. Die krimineel hou party maar waar is Jade? Hulle het vir arme Oscar wat skuld erken het soos honger honde gejag. Hoe werk dit?

Absolutely ·

Absolutely Alida, hierdie ou vat geen verantwoordelikheid en geniet voorregte, hy kry van dag 1 af kos en bederf. Griebenow vir wie bluf jy, wil jy regtig hê ons moet nou glo jul konsulteer 3 x per dag vir meer as n jaar, dan het jul wragtig geen woorde meer oor. Jade sou wat wou gee om haar man 3 x per dag te gesien het!!!

Dark.O ·

Is dit nie die Christelike manier om vermeende moordenaars en kinderverkragters te hanteer nie? Ek is nie ń Christen nie, dus stem ek saam met die siening van bogenoemde kommentators se sienswyses dat vermeende moordenaars nie met koek ens. in die selle bedien moet word nie.

Alida ·

Ek wonder of die vark gesorg het dat Jade kos gehad het voor hy sy bose plan laat uitvoer het. Gee hom tronkkos die swakkeling.. Geld sorg vir baie goed. Vieslik

Pop ·

En net so goed kon n bom daar ingedra word. Is enigiemand verbaas dat gevaarlike misdadigers ontsnap?

Adeline ·

Arrogante lafaard! Hoop hy het aan die koek gestik. Justice for Jayde!

humor ·

“Nie geweet nie.” is die mees gebruikte woorde in die ganse regeringsopset.

Ja nee ·

Ja nee Humor, ek stem saam! Hul speel net onnosel en sê ek weet nie, maar gee hul die moeilikste selfoon dan weet hul als. Dit is maar gerieflike geld, ons sien mos hier is geld die antwoord tot enige iets, so speel ek weet nie en $$$$$$

se net ·

I do not know how they can eat a thing after seeing what their son did to his wife. How Christopher can look at those photos and look as if he doesnt even know the dead woman lying theren. I can not help but ask myself how him and his famiky try and justify to themselves this murder. How they support a son that is clearly self absorbed. Selfish and clearly greedy. There is only one person important to him and that, sadly, is him. Even his girlfriend is nothing to him. She will alaways wonder…is she next. I wonder how his attorneys and advocates can look at their families at night after supporting and defending a man that had his wife killed. It is amazing what people will do for money. Clearly just an observation and my opinion. After all. He is an ALLEDGED killer.

Elanie ·

Ek dink die kos is eintlik vir die amptenare wat dan gunsies vir die skurk doen. Hy lewe seker lekker daar in die selle. Net die rykes kry voorkeer behandeling en lewe self lekker in die tronk met dstv, rekenaars en gim toerusting. Geld koop moes “geluk”, maar wonder of hulle hulle gewetes kan stil maak met geld?

Scalla ·

Ek wil graag weet hoe die koek deursoek word, vyl s geluk met verjaarsdag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.