Twee voetgangers is Dinsdagoggend dood nadat ʼn motor hulle op die N2-snelweg tussen Ballito en Tongaat Mall in KwaZulu-Natal getref het.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die mans se liggame is in die middelste baan van die hoofweg aangetref. Hulle was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.
Die bestuurder van die motor is ongedeerd.
Die voorval het verkeer in die gebied erg ontwrig.
Plaaslike owerhede ondersoek die voorval.
Is dit nie teen die wet om te voet op n snelweg te wees nie, vra maar net?