Verkeer erg ontwrig ná gru-ongeluk

Foto: @EMER_G_MED /Twitter

Ses mense is dood nadat ’n taxi Donderdag teen ’n versperring gebots en omgeslaan het op die N1-suid naby die Buccleuch-wisselaar in Johannesburg.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel het die taxi op sy sy in die middel van die pad gelê. “Talle liggame het in die pad gelê terwyl ander passasiers op die toneel rondgeloop het.”

Volgens Meiring was een persoon onder die taxi vasgekeer. “Paramedici het pasiënte begin ondersoek waarna ses mense, insluitend ’n tweejarige seuntjie, op die toneel dood verklaar is.”

Die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere mediese behandeling. Die persoon wat onder die taxi vasgekeer was se liggaam moes met meganiese toerusting verwyder word.

Verkeer is erg ontwrig weens die voorval. Die presiese omstandighede rondom die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Veronica ·

Dit bly n tragedie hierdie pad ongelukke!!!
So jammer vir die wat betrokke is. . .
Dis net genade wat keer dat jy nog nie in een was nie

marous ·

Presiese omstandighede onbekend … as daar ‘n minibus of groot bus of vragmotor betrokke is dan is dit al wat oor die lippe kom. Absolute twak!

Moana ·

Presies. Die omstandighede is al te bekend want mens sien dit heel dag op toe pad. Maar NOU JA NE.

Albaster ·

Die presiese omstandighede is dat dit n wettelose taxi in die wettelose ANC beheerde land is.

Renske ·

Weet nie wat hul ondersoek nie. Almal insluitend die regering weet presies waar en wat die probleen is. En hulle doen niks.. Taxis het n reg van hul eie op die pad. Almal te bang. Jammer vir die lewens wat geeis is…

Wagter ·

Het seker probeer spoed op tel vir die Buccleuch optraande, hulle doen dit daar en net na Rivonia afrit, voor William Nicol se heuwel, jy moet te minste 150 kmh gaan dan sal jou oorvol taxi 120 kmh bereik teen die tyd wat jy op die piek is.. en dan is daar nog die baan verwisseling sonder flikkers.. wees maar op jou hoede, by Allandale kom die gevaar van links en swaai erg na regs, en net na Rivonia word die 150kmh poging aan die linkerkant gedoen..

MM ·

Onpadvaardige voertuie en bestuurders wat nie Lisensie het nie – Ry soos Padvarke – hoop die Taxi bestuurder word aangekla van Strafbare manslag want hy het geweet dat hy passasiers het maar ry nog steeds onverskillig – So jammer oor al die mense en Kind wat oorlede is – maar daar moet NOU dringend iets gedoen word aan die bestuurders as hulle skuldig bevind word.

Gert ·

Die probleem is die taxi bestuurders kom skotvry. Niemand kla hulle aan nie. More ry hy al weer met ‘n ander wrak op die pad. Iemand sal hulle tot verantwoording moet roep deur die slagoffers te help om strafregtelike stappe teen die taxi bestuurders en hulle Taxi verenigings in te stel.

anonymous ·

Ek stem. En niemand doen iets aan hulle nie. Die party wat onder andere die taxis kan regulate kry bonus punte want NIEMAND kry dit reg

Chris Ws ·

Gert net ter inligting :Sou enige van die beseerdes ‘n saak teen die bestuurder maak,verbeur hy sy reg op kompensasie van die Pad Ongelukke Fonds (Derdeparty).Dit is WET.
Ons was van agteraf ingejaag toe ek wou regsdraai en spoed verminder het.Dit het my vrou permanente skade besorg .Spraak aangetas,sukkel om treetjie vir treetjie met ‘n 3 poot kierie te loop na 4 jaar,kan net een arm gebruik en niks vir haarself doen nie.Haar lewe is opgefoeter.Dis hoe ek weet van die wet.En die skuldige het ‘n skulderkennings boete van R500 gekry!Geregtigheid seevier??

anonymous ·

Wanneer ons liewe regering iets aan die taxis doen wat soos maniacs bestuur ens onskuldige lewens kos???? Kom maan word wakker.

Asmain ·

Die regering gaan niks doen nie want meer as die helfte van taxis word deur politici of polisiemanne besit.

Zet ·

Dit is nie te se as daar ‘n taxi ongeluk is of was die oorsaak is dat die bestuurder geen lisensie het nie. Ek ry elke dag ‘n besige snelweg werk toe en terug huis toe en dit is skokkend hoe die taxi drywers ry en kanse vat, reels verontagsaam en te ry net soos wat hulle wil. Ek was al telkemale van die pad afgedruk sodat hy voor my kan indruk sonder enige waarskuwing. Dit is net vir my baie sad want daar is soveel onskuldige passasiers wat gebruik maak van publieke vervoer en dat hulle ook maar net of by die werk wil uitkom of huistoe wil gaan. Die taxi drywers voel ‘n vy nie net vir die ander motoriste nie maar ook vir die mense wat hy vervoer. Dit is net ‘n jammerte dat soveel mense hul lewens verloor a.g.v die taxi drywers wat dink dit is net hulle wat ons land se paaie elke dag aandurf. Jammerte aan die families wat vandag van hul geliefdes verloor het in die ongeluk.

Thomas ·

Ek wag vir die minister van vervoer om weer te blah blah blah. Soos na elke taxi ongeluk. Ongelukke gebeur, en as dit taxis is, waarvan daar baie op die paaie is, is die gevolge noodwendig erger. So perspektief is nodig, maar wat my verstand te bowe gaan is dat die passassiers nie ‘n drywer aanrand (maan gaan nie help nie – hul laai blykbaar klakouse af) as hy die padreels oortree nie. Aan die ander kant wil passassiers nie laat wees vir werk nie. Dis trickey.

MARTIE ·

Dit is vreeslik dat mense nog met taxis moet ry, die goed kan nie bestuur nie, hulle ry onverskillig ons sien dit elke dag op die pad, nou het mense hulle lewens verloor insluitend ‘n kindjie! iets moet gedoen word omtrent die taxis ek weet net nie wat nie!

Chris ·

Ek praat van so agt tot tien jaar gelede, weet nie wat die situasie tans is nie, het die hele taxi-bedryf in die land, aan ‘n paar manne, as ek reg onthou tien of twaalf behoort. Hulle het op hul beurt weer mense op streeksvlak gehad wat die septer geswaai het. Die manne is/was as ek reg onthou ook die SANTACO mafia. As jy aspirasies het om ‘n taxi te besit vergeet dit, die mense besluit wie waar en wat. Natuurlik is politieke inmengery, korrupsie en bevoordeling aan die orde van die dag. Die mense voel minder as niks vir die reg, orde op die paaie of vir menselewens.

JA ·

Nee wat, voel glad nie jammer nie.
Laat die lot self hul getalle in hul Derdewereld en met hul Derdewereldse gedrag verminder.

thelsa ·

Kom ons wag maar vir die agbare Minister om weer van warm lug ontslae te raak deur ‘n nikssegeende verklaring te maak, regeringsondersteuning aan te bied met die begrafniskoste, emosionele ondersteuning aan die naasbestaandes te verleen. Dit behoort die probleem aan te spreek en op te los julle ouens.

Talbot ·

Taxi moet onder 100km/pu ry want altyd balseer verloor.
hoe kan Regeer toelaat vir Taxi mag meer 120kmpu ry, moet stop

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.