Verkeer erg ontwrig toe brandweerwa omslaan

Foto: ER24

Foto: ER24

Die verkeer in Constantia Kloof in die weste van Johannesburg is Dinsdagoggend erg ontwrig nadat ʼn brandweerwa met twee ander voertuie gebots en omgeslaan het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê by paramedici se aankoms op die toneel in Christiaan de Wet-rylaan, het die brandweerwa op sy kant teen ʼn motor gelê met ʼn tweede motor gedeeltelik onder die brandweerwa vasgevang.

Foto: ER24

Foto: ER24

Altesaam agt mense, insluitend vier brandbestryders, het geringe tot matige beserings opgedoen. “Die mense is op die toneel behandel voordat hulle na verskillende hospitale in die gebied geneem is,” het Meiring gesê.

“Dit is nie duidelik wat die botsing veroorsaak het nie, maar die verkeer is erg ontwrig terwyl owerhede besig was om die toneel op te ruim.” Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann Marx ·

Dit lyk soos die T-aansluiting Christiaan de Wetrylaan en Wilgerood. Daar was al BAIE ongelukke daar….Die padoppervlak is baie glad, en van twee kante af teen ‘n afdraende. Die taxi’s jaag soos malgoed en draai uit die linkerkantste baan REGS op in Wilgerood. Die sper-relings en verkeerslig-pale is al male sonder tal vervang……en steeds is daar ongelukke so gereeld soos klokslag!!

Dingetjie Datjie ·

Bly om te hoor almal is lewendig. Hopelik nie ‘n geval van mense wat weer nie plek maak vir nood voertuie nie. Deesdae op die paaie word daar nie meer plek gemaak vir ambulanse of brandweer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.