Verkeer herlei vir ANC-byeenkoms

Foto: @MyANC_/Twitter

Foto: @MyANC_/Twitter

Verkeer naby en rondom die ENB-stadion in Johannesburg sal Sondag herlei word weens die ANC se finale verkiesingsbyeenkoms wat plaasvind.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê Nasrecweg en die Soweto-hoofweg sal tot 18:00 onbegaanbaar wees. Motoriste kan wel van Main Reefweg, New Canadaweg, die N12 en Elias Motsoalediweg as alternatiewe roetes gebruik maak.

Obed Sibasa, woordvoerder van die Gautengse verkeersdepartement, sê nagenoeg 200 000 mense gaan na verwagting die byeenkoms bywoon.

President Jacob Zuma sal om 13:00 ʼn toespraak by die byeenkoms lewer. Die byeenkoms sal regstreeks op die SAUK, eNCA en ANN7 uitgesaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.