Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê Nasrecweg en die Soweto-hoofweg sal tot 18:00 onbegaanbaar wees. Motoriste kan wel van Main Reefweg, New Canadaweg, die N12 en Elias Motsoalediweg as alternatiewe roetes gebruik maak.
Obed Sibasa, woordvoerder van die Gautengse verkeersdepartement, sê nagenoeg 200 000 mense gaan na verwagting die byeenkoms bywoon.
President Jacob Zuma sal om 13:00 ʼn toespraak by die byeenkoms lewer. Die byeenkoms sal regstreeks op die SAUK, eNCA en ANN7 uitgesaai word.