Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het gesê vier mense is in die ongeluk wat omstreeks 11:00 plaasgevind het, beseer. “Die ongeluk het op die N1-suid plaasgevind, maar een van die vier motors wat betrokke was, is na die teenoorgestelde kant van die hoofweg geslinger.”
Volgens Minnaar het die man in dié motor ernstige beserings opgedoen. Die drie ander beseerdes het ligte beserings opgedoen. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Minnaar het motoriste aangeraai om van alternatiewe roetes soos die R55 of die Ou Johannesburgpad gebruik te maak.
Daar was geen motors wat na die teenoorgestelde kant van die hoofweg geslinger is nie. Die BMW het after in die Kia Sportage in vas gery aan die teenoorgestelde kant, toe die Kia stadiger ry om die motor wat aan die ander kant besig om te rol te aanskou.