Verkeer op N1 in Midrand erg ontwrig

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare911

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare911

Die N1-hoofweg naby die Buccleuch-wisselaar word in albei rigtings erg ontwrig weens ʼn vroeëre ongeluk, het die Johannesburgse metropolisie gesê.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het gesê vier mense is in die ongeluk wat omstreeks 11:00 plaasgevind het, beseer. “Die ongeluk het op die N1-suid plaasgevind, maar een van die vier motors wat betrokke was, is na die teenoorgestelde kant van die hoofweg geslinger.”

Volgens Minnaar het die man in dié motor ernstige beserings opgedoen. Die drie ander beseerdes het ligte beserings opgedoen. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Minnaar het motoriste aangeraai om van alternatiewe roetes soos die R55 of die Ou Johannesburgpad gebruik te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Emmerentia Geldenhuys ·

Daar was geen motors wat na die teenoorgestelde kant van die hoofweg geslinger is nie. Die BMW het after in die Kia Sportage in vas gery aan die teenoorgestelde kant, toe die Kia stadiger ry om die motor wat aan die ander kant besig om te rol te aanskou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.