Verkeer op die N3-snelweg by die Van Reenenspas in KwaZulu-Natal is tot ʼn stilstand gedwing. Vragmotorbestuurders versper dié pad met hul voertuie.
Anita Heyl, woordvoerder van die N3-tolkonsessie, sê daar is tans nie enige aanduiding wanneer verkeersopeenhoping opgelos sal wees nie.
“Omvattende verkeersopeenhopings in albei rigtings van KwaZulu-Natal en die Vrystaat word aangemeld. Die verkeer is tot ʼn stilstand gebring. Alle bane bly gesluit vir verkeer.”
Maroela Media het vroeër berig die vragmotorbestuurders het net voor 06:00 hul vragmotors dwars oor die snelweg getrek om verkeer te versper. Hulle het die sleutels uit die vragmotors verwyder. Dit is nog nie bekend waarom die vragmotors die pad versper nie.
Motoriste word aangeraai om reis in die gebied uit te stel tot verdere kennisgewing.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is op die toneel.
Intydse en geverifieerde verkeersinligting is beskikbaar van die #N3TC op sy 24-uur N3-hulplyn by 0800 63 43 57 of volg @N3Route op Twitter.
- Vragmotor-betoging op die N3 (Foto verskaf)
- Die vragmotors het reuseopeenhopings veroorsaak. (Foto: Verskaf)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
20 Kommentare
Die meeste van daai trok drywers het kos by hulle,want hulle ry langpad.
En die Looting het nou begin terwyl die magtige koning Cele se arme onkundige polisiemanne net op die kant staan en “monitor”.
ABSOLUUT BELAGLIK !!!!!
Hulle weet self nie waarom hulle die pad versper nie, maar net gehoor maak die pad toe, en soos ‘n klomp skape dit maar gedoen.
Nou gehoor op Rsg: die SAPD weet al vir twee dae hiervan. Hoekom het ou hoed nie sy mense betyds daar ontplooi nie?! Seker wéér in selfkwarantyn!? Dié spul narre.
En die polisie “monitor” die situasie op ‘n veilige afstand…… waar is Mbalula en Cele? Hoekom is hulle nie op die toneel nie?