Verkeerde pasiënt kry hartoperasie

Argieffoto

Argieffoto

‘n 83-jarige vrou wat vir ‘n lugweginfeksie behandel is in die Mediclinic Kimberley, het ‘n hartoperasie ondergaan nadat sy met ‘n ander pasiënt verwar is, het Beeld Woensdag berig.

Denise Coetzee, woordvoerder van Mediclinic, het aan die koerant gesê ‘n misverstand tussen twee spesialiste het daartoe gelei dat Rita du Plessis op 25 Julie geopereer is.

Du Plessis was in dieselfde saal as ‘n ander bejaarde vrou en albei was pasiënte van dieselfde internis.

“Die internis het die chirurg versoek om sy pasiënt na die teater te neem vir ‘n prosedure waartydens oormatige vog om die hart verwyder word,” het Coetzee aan die koerant gesê.

“Hy het ongelukkig deurmekaar geraak met hulle vanne en die verkeerde pasiënt se naam telefonies aan die chirurg gegee.”

Coetzee het aan Beeld gesê dat Du Plessis nie in staat was om self toestemming vir die operasie te gee nie en dat die chirurg haar man gekontak het.

Die internis het tydens saalrondes die fout agtergekom toe hy gesien het Du Plessis is weg en daar aan hom gesê is sy is teater toe.

Beeld berig dat die internis die familie geskakel het en om verskoning gevra het en dat die chirurg na afloop van die operasie ook Du Plessis se familie gekontak het om vir hulle te sê die operasie was ‘n sukses.

Volgens die berig het die hospitaal om verskoning gevra vir die verwarring. Die hospitaal, chirurg en narkotiseur het nie ‘n rekening gehef vir die operasie nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Willie

Foute wat begaan word, word lyk my nie meer beperk tot babas verkeerdelik omruil nie.

Peter Says

WAaaaaat, totaal en al onaanvaarbaar.

Theresa

Nee wragtig – Nou is ek met stomheid geslaan……….. As dit iemand van my was sal julle so hop julle sal nooit weer grond vat nie!!

veronica

Nou kyk, nou het ek alles gehoor!!!! Sprakeloos!!

Alida Mûller

Nie ‘n rekening gehef vir die operasie nie?? Nogal???? Is hulle nou heeltemal van hul trollie af!!!! Ek sal nou die hel uit hulle sue. As ek met hulle klaar is sa daar nie meer ‘n Medi Clinic wees nie. Ek was ‘n Verpleegkundige. Jare gelede in 1986 het ‘n Oom (ek sal nooit sy naam vergeet nie – Oom Tielman Roos) ingekom vir ‘n Blaasoperasie by Tygerberg Hospitaal tydens my opleiding. Toe Oom Tielman wakker word is sy LINKERBEEN geamputeer!!!!! Hierdie tannie en haar familie moet die saak nie so los nie. Nogal niemand het ‘n rekening gegee nie!!!!!!… Lees meer »