Verkeerde pasiënt kry hartoperasie

Argieffoto

Argieffoto

‘n 83-jarige vrou wat vir ‘n lugweginfeksie behandel is in die Mediclinic Kimberley, het ‘n hartoperasie ondergaan nadat sy met ‘n ander pasiënt verwar is, het Beeld Woensdag berig.

Denise Coetzee, woordvoerder van Mediclinic, het aan die koerant gesê ‘n misverstand tussen twee spesialiste het daartoe gelei dat Rita du Plessis op 25 Julie geopereer is.

Du Plessis was in dieselfde saal as ‘n ander bejaarde vrou en albei was pasiënte van dieselfde internis.

“Die internis het die chirurg versoek om sy pasiënt na die teater te neem vir ‘n prosedure waartydens oormatige vog om die hart verwyder word,” het Coetzee aan die koerant gesê.

“Hy het ongelukkig deurmekaar geraak met hulle vanne en die verkeerde pasiënt se naam telefonies aan die chirurg gegee.”

Coetzee het aan Beeld gesê dat Du Plessis nie in staat was om self toestemming vir die operasie te gee nie en dat die chirurg haar man gekontak het.

Die internis het tydens saalrondes die fout agtergekom toe hy gesien het Du Plessis is weg en daar aan hom gesê is sy is teater toe.

Beeld berig dat die internis die familie geskakel het en om verskoning gevra het en dat die chirurg na afloop van die operasie ook Du Plessis se familie gekontak het om vir hulle te sê die operasie was ‘n sukses.

Volgens die berig het die hospitaal om verskoning gevra vir die verwarring. Die hospitaal, chirurg en narkotiseur het nie ‘n rekening gehef vir die operasie nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Willie ·

Foute wat begaan word, word lyk my nie meer beperk tot babas verkeerdelik omruil nie.

Theresa ·

Nee wragtig – Nou is ek met stomheid geslaan……….. As dit iemand van my was sal julle so hop julle sal nooit weer grond vat nie!!

Alida Mûller ·

Nie ‘n rekening gehef vir die operasie nie?? Nogal???? Is hulle nou heeltemal van hul trollie af!!!! Ek sal nou die hel uit hulle sue. As ek met hulle klaar is sa daar nie meer ‘n Medi Clinic wees nie. Ek was ‘n Verpleegkundige. Jare gelede in 1986 het ‘n Oom (ek sal nooit sy naam vergeet nie – Oom Tielman Roos) ingekom vir ‘n Blaasoperasie by Tygerberg Hospitaal tydens my opleiding. Toe Oom Tielman wakker word is sy LINKERBEEN geamputeer!!!!! Hierdie tannie en haar familie moet die saak nie so los nie. Nogal niemand het ‘n rekening gegee nie!!!!!! Ek sal hulle dagvaar en daai chirurg en internis se pragtyk vir hom toemaak!!!!!!!

Doreen barkhuizen ·

Nee goeiste. So baie bly my Moeder is verlede week verwys Rosepark Bloemfontein toe. En so word foute begrawe…………….. Nee wat dis nie reg nie!!!!!!!!

"Huh!" ·

Doreen, Rosepark Hospitaal het ook maar ‘n geskiedenis. Ek weet waarvan ek praat.

"Huh!" ·

Het ons vergeet ons maak ook soms foute? Hierdie was ‘n menslike fout. Ek kan net nie saamstem dat dit dalk eers ‘n oorweging was om die Tannie vir die operasie te laat betaal nie.

Belinda ·

So die probleem kom by die een wat nie die regte vanne kon spel of lees nie hoe in de hel is hy dan in daai posisie???? nee kyk ek het al van dom gehoor maar dit vat die koek!

"Huh!" ·

So, julle almal wat nou hier die dokter veroordeel omdat hy homself verspreek het, het julself nog nooit verspreek nie. Ek dink die “fout” het ingesluip omdat prosedures by die hospitaal nie gevolg was nie. Het nìèmand haar lêer gevat en gekyk wat daarin aangaan nie? Wat van die snydokter? Sny hy sonder om hom te vergewis wie die pasiënt is, en waarna hy moet oplet?

Nee wat, ek reken julle oordeel hier sonder om na te dink.

Oumatjie ·

Hmm… Die chirurg sê die operasie was `n sukses. Die pasiënt het dan nie `n hartprobleem gehad nie. Hoe kon die operasie dan `n sukses wees?

Gerda ·

Stem saam met jou “Huh”. Moet hulle nie aanteken waarvoor jy opgeneem word nie, hierdie kan nie net op die Chirurg se skouers geplaas word nie.

Babs ·

Genade! Die vrou wat die operasie gehad het is 83. Nie ‘n kind nie. Dan is hier nog mense wat sê moenie oordeel nie. Niemand oordeel nie. Dit is ware feite. Die dokter moes darem seker sy pasiënt onthou het. Daar is tog ‘n narkotiseer ook betrokke wat die pasiënt voor die tyd moes besoek. Klink na uiterse nalatigheid.

Kay-Lee ·

Ek stem saam, hoeveel bejaardes van selfs oor 70 jaar kry hartoperasies en die dame was 83.

Dion van Dyk ·

Ek het my nog altyd verwonder hoe ‘n dokter vir langer as 12ure mag opereer, maar die Dept. Van Arbeid wil ‘n werkgewer toesluit as iemand ‘n skof van langer as 12 ure werk. Na vele operasies en laaang hospitalisasie verwonder ek my aan hierdie nalatigheid. Verpledgsters vergesel gewoonlik pasiënte teater toe en oorhandig die pasiënt aan die teaterpersoneel. So ek verwonder my of hierdie storie wel waar is?

Rikku ·

Ek was April Maand opgeneem in ‘n Mediclinic in Kaapstad.
Die Verpleeg Personeel was uiters bekwaam en Bedagsaam, maar Hopeloos te min om na ‘n Saal van 30+ Pasiente om te sien.

Die Interniste kom ingestap en lyk soos Mans Modelle uit ‘n Tydskrif, groet skaars en praat met wie ookal hom vergesel het. Die Pasient bestaan net nie,

Jy moet daar le en luister hoe hulle jou en/of Pasiente bespreek, en mag ook nie vrae vra nie want HY is ‘n Baie besige Man.
Laat jou voel of jy alreeds ge Dooi het.

Ek is seker dat sulke Foute kan insluip, want hulle het net nie meer die tyd, of wil nie die tyd afstaan om hulle Pasiente beter te leer ken nie,
My Gom, ons is mos nie net ‘n Naam op ‘n Hospitaal Rekord nie. Rekening vir 9 dae was R 76,000.00, sonder my bybetaling van amper R5,000.00.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.