Verkeerde tweelingboetie in hegtenis geneem

boeie 5Shane Smith eis bykans R2 miljoen skadevergoeding van die minister van polisie omdat hy in hegtenis geneem is toe hy vir sy tweelingbroer aangesien is.

“Beamptes van die Barrage-polisiestasie in Vanderbijlpark het Smith in Maart 2011 sonder ʼn lasbrief in hegtenis geneem,” het die regsfirma Adams & Adams in ʼn verklaring gesê. “Hy is vir sy tweelingbroer aangesien terwyl hy na die boetie se huis omgesien het. Sy broer was die naweek uitstedig.”

David Barritt, waarnemende woordvoerder vir minister Nathi Mthethwa, het gesê die minister is bewus van die saak. “Die volgende stap is vir mnr. Smith om te bewys dat die skadevergoeding wat hy eis, regverdig is,” het Barritt gesê.

Die regsfirma het gesê die Pretoriase hooggeregshof het beslis dat Smith geregtig is daarop om 100% van sy bewese of ooreengekome skade van die minister te eis.

Smith (32) is ʼn ontvangsklerk van Alberton in Gauteng. “Hy eis R1.97 miljoen van die minister vir inter alia verlede en toekomstige mediese, sielkundige, psigiatriese, en verwante behandeling, verlede en toekomstige verlies van inkomste of inkomstevermoë en algemene skadevergoeding vir pyn en lyding, verlies van lewensgeriewe, trauma, ens,” het Adams & Adams gesê.

Dit is nie duidelik waarvoor die polisie na sy broer op soek was nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.