Verkeernagmerrie in Pta ná noodlottige ongeluk

Verkeer wat weens die ongeluk opgehoop het. Foto: @TrafficSA / Twitter

Verkeer wat weens die ongeluk opgehoop het. Foto: @TrafficSA / Twitter

ʼn Vroegoggend kettingbotsing op die N1-snelweg in die ooste van Pretoria het die lewe van ʼn man geëis en verkeer in groot dele van die stad swaar ontwrig.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het naby die Rigellaan-afrit in ʼn suidelike rigting plaasgevind.

“Paramedici van Netcare 911 en ander nooddienste is na die toneel ontbied waar drie voertuie in ʼn kettingbotsing betrokke was,” het Steinmann gesê.

'n Foto van die wrak. Foto: Netcare 911

‘n Foto van die wrak. Foto: Netcare 911

Die drie voertuie het mekaar van agter af getref. “Die middelste voertuig is erg beskadig.”

Steinmann het gesê twee mense, wat onderskeidelik in die voorste en agterste voertuie gery het, het geringe en matige besering opgedoen. Hulle is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

“Die man wat in die middelste voertuig was, op die toneel dood verklaar. Die brandweer moes sy liggaam uit die wrak sny,” het Steinmann bygevoeg.

Die omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, is nog nie bekend nie en word ondersoek.

Teen omstreeks 07:30 was verkeer in ʼn suidelike rigting tot by Sefako Makgathoweg (Zambeziweg) in die noorde van Pretoria opgehoop met vertragings van langer as ʼn uur wat aangemeld is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

anina ·

Daar was ‘n noodlottige ongeluk saterdag oggend ook waar my nig se X man oorlede is en 2 wonderlike kinders ager gelaat het

gerrie ·

Was vanmore deel van die ongeluks verkeer.
weet nie of dit die regte plek is om te se maar mense bestuur swak deesdae.
veral in die stede.

Berhalet Beukes ·

Ongelukkig is dit ‘n feit dat mense roekeloos en nalatig op hierdie spesifieke gedeelte bestuur en onskuldige mense altyd die seerste kry.

Landie ·

Mense op AL SA se paaie ry roekeloos en onverskillig. Net verlede week is ‘n ou tannie oorlede op ‘n stuk pad waar ‘n duidelike sper-streep is. Hoe op aarde gebeur ‘n kop aan kop botsing daarop. Ons bestuurders kom nie padreels na nie, maak nie saak of die spoed-gewys of verkeers-teken gewys is nie. Almal wil net wys hulle kan eerste daar kom. Ry 120 op ‘n pad waarop jy net 100 mag ry en ‘n ander person wat 160 jaag kom aan en flikker sy ligte vir jou om pad te maak. Dis nie hoe dit werk nie!! Nerens in die wereld nie!!!

neelsie ·

Ons ry gereeld die snelweg by Rigellaan.Moet asb nie binne die spoedgrens ry nie…… jy word behandel asof dit n doodsonde is.

Mariette ·

Was deel van die ongeluks verkeer by Rigel laan . Die sien van die wrake laat een net weer besef. Dat ‘n mens vanselfsprekend aanneem dat wanneer jy jou geliefdes agterlaat in die oggend , jy hulle weer vannaand gaan sien. Hoop die onaangename voorval laat baie onverantwoordelike bestuurders net weer besef, wat die gevolge is as een roekeloos is. Wees maar geduldig en kom bietjie later by jou bestemming aan, (Eerder veilig as vermink of iemand anders se lewe te neem),

Mariette ·

Was deel van die ongeluks verkeer by Rigel laan . Die sien van die wrake laat een net weer besef. Dat ‘n mens vanselfsprekend aanneem dat wanneer jy jou geliefdes agterlaat in die oggend , jy hulle weer vannaand gaan sien. Hoop die onaangename voorval laat baie onverantwoordelike bestuurders net weer besef, wat die gevolge is as een roekeloos is. Wees maar geduldig en kom bietjie later by jou bestemming aan,

Marie ·

Dis omdat mense nie hulle selfone uitlos terwyl hulle bestuur nie. Ek sien daagliks mense wat sms terwyl hulle bestuur & dan hulle baan verlaat waarin hulle ry.

Hansie ·

‘n Vorige ongeluk ‘n week gelede op Zambesi waar iemand oor ‘n rooi lig gery het en 2 jong kinders dood gery het, was die verkeer vir omtrnt 3 uur opgehou. Verkeer was herlei en 2 ander ongelukke veroorsaak. Die ergste was die Taxis wat op die sypadjie ry omdat hul nie soos die ander verkeer geduldig wag nie.

franscois ·

Ek stem saam met jou Marie, ek werk in JHB en bly in PTA, as ek in my kar klim is my foon uit my gedagtes maak nie saak wat,ek hat al so baie keer gesien hoe mense net eenvoudig na die ding staar terwyl hulle bestuur en as hulle op kyk staan die verkeer doodstil, maar die ou lewe is so gejaagd dat die mense maar net nie sonder e-pos en al die ander dinge kan lewe nie.

Rian Coetzee ·

Die tegnologie is daar, sny self-foon seine op al die hoofpaaie en hou slegs noodnommers oop!

Margriet ·

Dis oor niemand volgafstande in ag neem nie. Ek ry gereeld tussen Pretoria en Johannesburg, en dis skrikwekkend om te sien hoe naby aan mekaar voertuie in die snelste baan ry. As een skielik moet stop, is daar geen kans dat daar nie ‘n opeenhoping sal wees nie!

Supergirl ·

Ek het gister ook hierdie ongeluk gesien,maar was oppad na die noordelike kant. Maar dit wat ek kon sien aan my kant het my rerig getref. Maar skaars verby, kom daar net ouens en jaag en druk voor mekaar in. Daar is geen afstande tussen motors en die ongeskikte ouens kom van regterkantse baan en wil dan skielik links van die freeway voor jou indruk om af te klim. Skokkend!!! Ek prober altyd afstand hou,maar daar sal altyd iemand wees wat probeer indruk. Ek ry elke middag terug huis toe ook op daardie kant van Rigel en mense se bestuurs maniere laat veel te wense oor. Ek hoop ons mense word wakker en begin verantwoordeliker optree.

susan ·

Ek ry daai pad gereeld. Dit is n 100 spoed sone. Die mense ry 120/140 +. En ja soos meeste kommentaar wat ek gelees het is selfone die oorsaak. Los asb die ding tot jy by jou destenasie stop.

susan ·

Was self so rukkie terug in n bumber bash gewees op h/v Solomon Mahlangu en Delmas drive. Die vrou se woorde toe ons uitklim na sy in ons vasgery het was “Jammer ek het julle nie gesien nie ek was so haastig” nou hoe nou?

Theresa ·

Hoë spoed gepaard met arrogansie en menigmaal ‘n argeloosheid oor kennis op ‘n pad.
Meestal is dié wat dan wel fisies in die ongeluk beland, nie eers die oortreders nie.
Iemand dalk daar van die sykant af ingesny voor die eerste motor??
Trok dalk weer in verkeerde baan – kruiend en min gepla??
Self al deur taxi bestuurder benadeel – hy was op linkerkant in Faerie Glen omgewing OP mense se sypad besig om stilstaande verkeer (kruipend vorentoe want iets was fout iewers voor in die pad). Ek het hom geignoreer en dit was vir die bitter onnosel mens een te veel.
Ry toe aggressief tot by my skoolkind se deur en slaan met sy vuis op my dak.
Daardie dag kon hy sy voorvadergeeste bedank dat ek nie ‘n man was nie. Want vrees ontbreek my nie – maar ek het besef dat so ‘n tipe mens nie sal skroom om my as vrou aan te rand uit sy baie, baie, baie lae respekvlak vir die mensdom en reëls nie.
Mense van die teenoorgestelde baan het vir hom getoet en hom gewaarsku om op te hou.
Toe ry hy met ‘n vaart op die sypad tussen pale ens op en druk iewers bo in.
HOE wil so iemand ooit eers die “r” in respek verdien? Ek het dus glad nie nodig om my kind in te lig oor wie wat en hoe nie. Sommer self gesien – en daarop kommentaar gelewer nadat sy haar asem terug gekry het…

Vestaan nie ·

Wat ek nie kan verstaan nie. Hierdie is grusame ongelukke en mense gryp na n foon om n foto te neem want hulle wil tog net eerste n foto op sosial media plaas. Kom ons dink bietjie asn die gesinne van daai mense en selfs asn die mense wat daar le. My seun was Januarie in n groot ongeluk n trok het tot stil stand gekom in n verkeers sirkel waar my seun ry voorrang en reeds in die sirkel was. Daar was mense wat eers besluit het om foto’s te neem voor n ppersoon met breins aangehardloop gekom het en nooddienste geskakel het. Maar fotos was belangriket as mense se lewens.

Vestaan nie ·

Wat ek nie kan verstaan nie. Hierdie is grusame ongelukke en mense gryp na n foon om n foto te neem want hulle wil tog net eerste n foto op sosial media plaas. Kom ons dink bietjie asn die gesinne van daai mense en selfs asn die mense wat daar le. My seun was Januarie in n groot ongeluk n trok het tot stil stand gekom in n verkeers sirkel waar my seun ry voorrang en reeds in die sirkel was. Daar was mense wat eers besluit het om foto’s te neem voor n ppersoon met breins aangehardloop gekom het en nooddienste geskakel het. Maar fotos was belangriket as mense se lewens. Ek het ook in die verkeer vasgesit gister ry daagliks Jhb toe en ek moet se daai ongeluk het my in trane gehad oor die onmenslikheid was mense het. N polisie man het voor my kar ingeloop om mense te stop op fotos te neem kom aan julle dink bietjie sal jy daar van hou as dit jou geliefde is wat daar in nood verkeer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.