Verkeersbeampte gevonnis weens kullery met bestuurslisensies

lisensie

Argieffoto.

’n Metropolisiebeampte is Donderdag in die handelshof in Durban in KwaZulu-Natal vier jaar tronkstraf óf ’n boete van R10 000 opgelê, nadat hy skelm leerlingbestuurders gehelp het om hul bestuurstoets te slaag.

Dié ongerymdhede het by die Umngeni-lisensiekantoor in Howick plaasgevind.

Die regter het gesê hoewel S’khumbuzo Mkhulise (47) direkte tronkstraf verdien, moes hulle in ag neem dat hy in die hof skuldig gepleit en berou getoon het.

Luidens ’n verklaring word Mkhulise wel vir drie jaar geskors. Hy word verder verplig om gemeenskapsdiens en ’n rehabilitasieprogram te voltooi.

Mkhulise is ook opdrag gegee om vir die volgende vyf jaar geen misdaad te pleeg of alkohol of verdowingsmiddels te gebruik nie.

Die beampte is vasgetrek ná ’n klopjag op die lisensiekantoor in Maart 2018. Altesaam 15 mense, onder wie eksaminatore en nege leerlinglisensie-aansoekers, is op die betrokke dag in hegtenis geneem.

Die instrukteur van ’n bestuurskool, ’n voormalige verkeershoof en ’n administrasieklerk – is ná ’n ondersoek ook in hegtenis geneem. Altesaam 20 is dus destyds geskors en in hegtenis geneem in verband met ongerymdhede by die lisensiekantoor.

Daar word beweer dat die eksaminatore wederregtelik aansoekers gehelp het om hul leerlinglisensietoets te slaag. Luidens die verklaring het 500 aansoekers binne die bestek van een maand voordeel getrek uit die bedrieglike aktiwiteite.

Mkhulise het 15 jaar lank as metroverkeersbeampte gewerk voordat hy as eksaminator aangestel is. “Hy moes van beter geweet het, gegewe sy jare lange ondervinding,” het die regter gesê.

Mkhulise se medebeskuldigdes is verhoorafwagtend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

MIA ·

Laat mens nogal wonder. Miskien was van daai bestuurders taxi operateurs, want hulle maak nes hulle wil en padreëls geld nie vir Taxi’s nie. Baie bly daar is persone gearresteer, want sulke bestuurders stel net ander padgebruikers se lewens in gevaar.

Oujongvrou ·

Baie bly as daar darem iewers opgetree word teen korrupsie. Maar die groot visse kom heeltyd weg. Ons wag in spanning vir iets om te gebeur met die leiers van die land

Leon ·

Ek plaas ‘n reuse vraagteen agter elke lisensie wat sedert 1994 uitgereik is. Daar is te veel korrupsie in die lisensie kantore en toetsstasies.

twaalfboor ·

500 transaksies in een maand? Sjoe teen R1000 per transaksie kan ‘n man mos lekker geld maak.

Dirk ·

Jy kry baie van daai op die pad wat hom gekoop het.L agter in die venster maar vir hulle beteken dit nie learners nie,dit beteken ‘Legal’.

Cherokee ·

Lees Nardus daar by die berig oor ‘n moslem wat gebom is. Sê dinge reg. Hierdie berig gaan nie oor ‘kullery’ soos met poker of ‘n ander kaartspel nie, maar oor bedrog wat tragiese gevolge kon veroorsaak.

Sêmanet ·

Ek wonder oor die drie jaar skorsing, is dit nou met of sonder salaris? En hy het darem berou getoon in die hof. Ja, ek sou ook gou berou toon as ek gevang was. As hy nie gevang was nie, sou dit so aanhou tot die beeste huistoe kom!

My Mening ·

Helen ek het presiesdieselfde gedink, hy toon net berou omdat hy gevang is

Zandra ·

REGTIG…..??? Dink julle dis die enigste lisensie kantoor wat dit doen??? Dan het ek nuus vir julle…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.