Verkeersbeampte in hof wat glo op meisies skiet

Argieffoto

Costa Masoga (42), beampte van die Polokwane-verkeerspolisie, het Vrydag in die hof verskyn op aanklag van poging tot moord.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die beampte was nie aan diens ten tyde van die voorval nie. “Masoga het glo op Woensdag, 6 Junie, omstreeks 12:30 die middag, skote op drie minderjarige meisies gevuur by Greenside x44 en 40, ʼn informele nedersetting in die Westenburg-polisiëringsgebied.

Drie meisies, onderskeidelik 13, 15 en 17 jaar oud, het in die straat gestap toe die verdagte hulle na bewering beledig het. “Die meisies en die man het begin stry en hy het hulle met sy motor gejaag. Hy het daarna verskeie skote in hul rigting gevuur. Die 17-jarige meisie is beseer,” het Ngoepe verduidelik.

Die polisie en paramedici is dadelik ontbied en die man is in hegtenis geneem. Daar is beslag gelê op sy privaat vuurwapen.

“Die 17-jarige meisie is na ʼn plaaslike hospitaal geneem en sy het behandeling ontvang. Sy sterk aan by die huis.”

Masoga se saak is tot 14 Junie 2018 uitgestel sonder borgtog. Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gevolgtrekking? ·

Gevolgtrekking? Ja, ek het ook by navraag waarom hulle (verkeer) se woonwa wat as kantoor langs die pad gebruik word nie glimstroke het soos deur die wet vereis die antwoord gekry: ‘We are the law’. Jy kan jou indink wat kan gebeur sou jy hierdie tipe behandeling kry wanneer daar fout is met jou voertuig . . . Masoga dink ook seker hy is die ‘law’. Hopelik sal hy nou tot ander insigte gedwing word.

Cherokee ·

Ek laaik jou kommentaar..:-) (as jy ‘n naam gehad het kon ek jou behoorlik bedank het.

Gevolgtrekking? ·

Peet Schabort, Cherokee. Die res van die storie is dat ons in ‘n tou karre was en dan op die ou end voor moes uitvind dat ek maar kon ry. Ek het stilgehou en die woonwa(kantoor) bekyk. Ek het ook uitgeklim om te gaan kyk vir ‘n voertuiglisensie en is gedreig met inhegtenisneming! Dit was duidelik die antwoord dat die ding nie padwaardig was, ook die disselboom voor het op ‘n stapel klippe/bakstene gestaan. Hierdie het by Secunda gebeur.
Gelukkig glo ek dat hierdie ‘wetsafdrywers’ in die minderheid is. Nou waar ek tans in die omgewing van die Vaaldam woon is daar beskaafde spietkops. Groetnis. Peet.

PJC ·

Hierdie onbevoegde het ń vuurwapen maar die grondwethof besluit dat ongeveer 300 000 wetsgehoorsame burgers se wapens weg gevat moet word. Duidelik is hier een of ander versteekte agenda.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.