ʼn 43-jarige metropolisiebeampte van Johannesburg is in ʼn kritieke toestand nadat ʼn motor hom tydens spitsverkeer getref het.
Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het Donderdag gesê Azwindini Mavunga was besig om verkeer by ʼn “baie besige” kruising te reguleer toe hy getref is. Die voorval het op die hoek van Main Reef- en Elias Motsoalediweg in Roodepoort plaasgevind.
“Mvunga het ernstige kopbeserings opgedoen en is na die Flora-kliniek geneem vir verdere behandeling,” het Minnaar gesê.
Die bestuurder gaan van roekelose en nalatige bestuur aangekla word, maar is nie op die toneel in hegtenis geneem nie.
Dit verbaas my dat hierdie nie gereeld voorkom nie. By padblokades, spring die beamptes gereeld voor aankomende voertuie. Ek sal nooit so iets doen nie, wat is die waarborg …. die voertuig remme funksioneer….Regtig…