Verkeersbeampte koelbloedig doodgeskiet

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

ʼn Verkeersbeampte is Dinsdag koelbloedig in Port Elizabeth in die Oos-Kaap doodgeskiet.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, sê in ʼn verklaring die 60-jarige verkeersbeampte is vanoggend dood buite sy diensmotor in Walmer aangetref.

’n 43-jarige passasier is in die voorval gewond.

Volgens Naidu het ʼn onbekende man met ʼn balaklawa die twee insittendes van die diensmotor op die kruising van Lungelo Mlandustraat en Victoriaweg genader waarna hy verskeie skote aan die kant van die bestuurdersitplek afgevuur het.

Die verkeersbeampte, wat ten tyde van die voorval bestuur het, het versnel en links in Victoriaweg gedraai waarna die motor teen ʼn ander motor gebots en die pad verlaat het. Die motor het ʼn grensheining getref en tot stilstand gekom.

Die verkeersbeampte het uit die voertuig geklim, inmekaargesak en gesterf, sê Naidu.

Die passasier, ʼn werknemer van die plaaslike munisipaliteit, ʼn het skietwond aan haar hand tydens die voorval opgedoen. Sy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Volgens Naidu is die motief vir die voorval in dié stadium nog onduidelik. Die verkeersbeampte se naasbestaandes is teen vanoggend nog nie van sy dood ingelig nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord.

Die publiek word versoek om enige inligting rakende die voorval by die Walmer-polisie by 041 5811496 of by Misdaadstop by 08600 10111 aan te meld. Inligting sal vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

henndrik ·

Mag siviele personeel in verkeers polisie (of enige polisie voertuig) as passasier vervoer word?

Leon ·

Ja, as dit ‘n werknemer van die munisipaliteit of verkeers departement is.

Leon ·

Hy het seker ‘n verkeerskaartjie aan ‘n taxi uitgereik. Die taxis is mos vrygestel van die wet. Hule kan mos doen net wat hulle wil. Die taxi baas het toe besluit hierdie ou moet weg. Dit is mos hoe die taxi vereenigings werk.Hulle is erger as die Siciliaanse Mafia.

Louise ·

Dis skokkend dat n lewe so min in die land beteken.Die polisie het net nie beheer oor misdaad nie. Dis hoekom dit so maklik is om na n kar te stap en te begin skiet.
Dis net hartseer dat iemand so moet sterf op daardie ouderdom! naby aftree.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.