Verkeersbeampte ná rooftog vasgetrek

Argieffoto

ʼn Verkeersbeampte (26) is in hegtenis geneem ná hy glo ʼn immigrant in Hazyview in Mpumalanga beroof het.

Lt.kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê die verkeersbeampte het glo die wegkommotor tydens die rooftog bestuur.

“Vier mans het in ʼn rooi motor gereis toe drie van hulle by ʼn winkel, wat deur ʼn immigrant besit word, ingestorm het. Twee van hulle was gewapen. Die winkel was in die Lulekani Far East-omgewing en hulle het die man van R2 000 beroof. Hulle het ook lugtyd van R1 500 gesteel,” het Netshiunda gesê.

Die polisie het die verdagtes agternagesit totdat die verdagtes die voertuig by Micaweg gelos en te voet die bosse in gevlug het.

“Die bestuurder van die motor, wat later as die verkeersbeampte geïdentifiseer is, is vasgetrek terwyl hy probeer ontsnap het,” het Netshiunda gesê.

Die polisie is nog op soek na die ander verdagtes.

Die beampte sal Vrydag in die Lulekani-landdroshof verskyn op aanklag van roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Neal ·

Te stadig/dik vir hardloop .Die koeldrank en kos wat hy van die publiek “ontvang ” het seker op sy lyf gaan sit en toe kon hy nie weg hardloop nie.LOL

RB ·

@Maroela media – Dit sou baie interessant wees as julle ‘n artikel doen wat opvolg op artikels soos hierdie. Artikels waar verdagtes deur die polisie ondersoek sou word ensovoorts.

Wat word van hierdie mense? Sit hulle nou in die tronk, of is hulle weer op straat? Sou julle so iets kon doen?

DAVID ·

Net nog n bewys dat sommige in uniform self misdadigers is, stop hom in tronk waar hy hoort,ek het geen genade vir hom nie

Leahim ·

So word die Lys net langer van die vrot appels wat hulself wetstoepassers noem en die misdaad teenoor die wetsgehoorsame burgers nog langer.

Frans du Toit ·

Lyk my korrupsie langs die pad is nie meer betalend genoeg nie..

bgj van der westhuizen ·

dit gebeur om dat daar nie behoorlik keuring plaas vind nie maar eerder op kleur en aan watter party jy behoort

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.