Verkeersbeampte op snelweg doodgery

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

ʼn Verkeersbeampte van Mpumalanga is dood toe hy deur ʼn voertuig teen ʼn hoë spoed getref is terwyl hy probeer het om ʼn ander voertuig af te trek.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, het gesê die voorval het Vrydagoggend op die N4 in Schoemanskloof naby Montrose gebeur.

Volgens Mmusi het die beampte, Vincent Ngomane, probeer om ʼn rooi Audi-sedan van die pad af te trek, toe ʼn silwer Chevrolet Aveo teen ʼn hoë spoed verbygejaag gekom, die Audi teen die kant getref en omgeslaan het voordat dit Ngomane getref het.

Ngomane het ernstige interne beserings opgedoen en is per helikopter na die Nelspruit MediClinic geneem. Hy het daar aan sy beserings beswyk. Die bestuurder van die Aveo het geringe beserings opgedoen en is ook na ʼn hospitaal geneem.

Pat Ngomane, die LUR vir gemeenskapsveiligheid in die provinsie, het die verkeersbeampte as ʼn harde werker beskryf wat ʼn aansienlike bydrae gelewer het in die stryd teen padongelukke in die provinsie.

Hy het gesê Ngomane (die verkeersbeampte) het onlangs ʼn toekenning ontvang vir uitstekende prestasie in die uitvoer van sy pligte gedurende die feesseisoen.

Die LUR het gesê hy doen ʼn beroep op die polisie om die voorval te ondersoek en indien daar bevind word dat die bestuurder van die voertuig oortree het, moet hy die gevolge van sy dade dra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

PJC ·

Spoed is nog steeds een van die grootste oorsake van ongelukke al weier die meeste mense om dit te erken.

Toe nou nie ·

Stem glad nie saam! Die verkeersbeampte spring gedurig voor mens in..hul kan nie spoed skat. Moet altyd eers wonder wie word afgetrek, ek of die een langs my. Hul is baie onverantwoordelik

cor ·

Dit is nou al die hoeveelste verkeersbeampte wat so sterf. Jou lewe is meer werd as die boete kaartjie. Julle het mos sy registrasie nr. bly weg van die pad af doen jou werk sonder om jou lewe in gevaar te stel

lvh ·

Dat sulke ongelukke nie meer kere gebeur nie is n wonder. Op die N4 oos spring die beamptes ewe skielik uit die bosse op die vinnige baan om iemand te stop op die stadige baan. Geen waarskuwing nie, ewe skielik staan hy/sy hier voor jou. En jy ry 120km.

snoefie ·

so reg PJC. veral as mens in ag neem meeste mense gaan met n ligte trokkie vir rybewys en bestuur dan n ligte karretjie. innigste simpatie aan fam en naaste van die verkeersbeampte. is dit toevallig dat hy en die lur dieselfde van het?

Attie No1 ·

Ek het amper een doodgery op huis na die vakansie. Langs die snelweg (middelman) spring hy reg voor die kar in wat voor my ry. Ek dog dit is n skelm, het amper die stuurwiel regs gepluk om die “kaaper” om te ry. Daai ou het geen idee hoe naby hy aan die dood was nie.

Mari ·

Dit is verskriklik
Verkeersbeamptes moet vir hulself ook verantwoordelikheid neem.Daar het die vakansie n verkeersbeampte so voor ons ingespring
Op n draai, buite Mosselbaai
Blote roetine stop/lisensies etc gecheck….
Dit was asof sy dink sy sal hierdie kar met haar lyf kan stop
Ons het ons boeglam geskrik
Sooo onverantwoordelik
Ons moes uitswaai na die regter baan
Daar was gelukkig nie n voertuig langs ons nie

Sdl ·

Het julle die berig gelees. Hy het die audi afgetrek toe die ou met hoe spoed teen die audi en toe teen hom vas. So hulle hoort nie op die snelweg nie? Moet nie probeer die wet toepas nie? Omdat daar mense is wat dink dit is n rower of nie konsentreer op die pad (nalatig is) dat daar ewe skielik n kleur volle kersboom voor hulle inspring. Om hom/haar of die ou agter hom/haar af te trek nie. Ek verstaan nie ons mense nie. Die skuld is nooit joune nie. Ek weet ek bly in afrika nie n eerste wereld land nie so slaggate, kersbome , beeste, donkies, taxi’s, en dinge wat jy nooit sou kon raai sal agter die kleinste klippies uitspring. SO RY JOU SPOED EN DINK TOT VIR DIE BOEING DUISENDE VOET BO IN DIE LUG!
Verander die paaie na Guptas 4 en Zuma 1 sodat daar geen wet en orde op ons paaie is nie. Gebruik die pad op eie risiko.

DS ·

Sit kameras langs snelwee om jaagduiwels af te neem. Nooit – en ek weet want my broer was ‘n verkeersbeampte – in die ou dae was daar ‘n beamptes wat spoedlokvalle op ‘n snelweg gehou het nie daar was kameras opgestel en die beamptes het by die kamera gesit maar NOOIT motors probeer voorkeer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.