Verkeersbeampte skiet taxibestuurder glo dood

Argieffoto

’n Vrystaatse verkeersbeampte het Maandag na bewering ’n taxibestuurder in Bloemfontein doodgeskiet nadat die beampte verkeersreëls probeer afdwing het.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, sê in ’n verklaring die beampte het probeer om die bestuurder van ’n taxi in die stad se sakesentrum af te trek, toe ’n skermutseling tussen die twee partye ontstaan het.

Volgens Mbambo het die taxibestuurder glo tydens die skermutseling ’n mes uit die taxi gepluk en probeer om die beampte te steek waarna dié ’n skoot afgevuur en die taxibestuurder noodlottig gewond het. Die taxibestuurder is op die toneel dood verklaar.

Volgens Mbambo word die verkeersbeampte van moord aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Willem Grobler ·

My simpatie lê by die verkeersbeampte want ek sien daagliks hoe hierdie taxibestuurders hul agterente aan die verkeersreëls afvee. Bravo vir ‘n beampte wat sy wer probeer doen in die aansig van bestuurders wat niks voel vir ander padgebruikers nie.

Hansie ·

Daai verkeers konstabel moet medalje kry hy wou ten minste sy werk doen.

Willie ·

Die verkeersbeampte het homself net verdedig. Wat Anders kan jy doen as ‘n man met ‘n mes op jou afstorm.

Siener ·

Sterkte aan die verkeersbeampte wat sy werk wil gedoen het. Dis tyd dat taxibestuurders vasgevat word as hulle die wet oortree.

Griet ·

Mens noem die SELFVERDEDIGING, nie moord nie.
Moes die verkeersbeampte stilstaan terwyl die verkeersoortreder hom vol gate steek?!?!!!!!

Sarel ·

Dit klink na Selfverdediging, masr nou ja in SA het Kriminele meer regte as wetstoepassers

Eerlik ·

Dis eintlik ironies. Eers is die land in rep en roer om hul woede uit te spreek oor verkeersbeamtes wat teen die wet is, nou is hulle VIR die beamtes wat taxibestuurded doodskiet. Enige staatsinstelling is wat dit is en ja mens kry goeie mense, maar ook net 2%. Ek neem aan die beamte het die voorreg om deel te wees van maar net 2%….

magda ·

Welgedaan aan die Verkeers beampte – hoop die saak sal uit die HOF gegooi word., want dit klink soos self verdediging.

Johan ·

Ek wonder net! wou die ou dalk nie die bribe betaal het nie? alles is so vrot dat n mens nie kan help as die vraag in jou kop kom nie. as die storie reg is wel gedaan aan die verkeers beampte.

Lag maar net ·

Die taxi bestuurders is mos in beheer van die paaie. Hulle mag doen net wat hulle wil.. Knap gedaan aan die die verkeersbeampte, jy het net jou werk gedoen. As die taxis nie hulle sin kry nie, wil hulle dood maak.

Wickus de Bruin ·

Ons staan agter die verkeersman. Hulle doen net hulle werk.

Santie ·

Na wat ek gelees het oor die meisie wat deur die verkeersbeamptes aangerand is, weet mens nie eintlik waar jou lojaliteit lê nie.

Kolskoot ·

Miskien sal dit die ander so ‘n bietjie laat dink om padreels na te kom,en verkeersbeamtes kop toe te vat.

Willie ·

Beide het so swak reputasie dat dit moeilik is om ñ oordeel te vel!

Botterblom ·

Gistermiddag amper ‘n taxi in trurat in my in… kom met ‘n spoed agteruit op my af en ek toet vir ‘n vale… dit in ‘n besige straat. My lam geskrik. As ek nou enige iets verkeerd gesê het, soos ‘n vrou nou die dag in Bloemfontein en die man uitgeklim en haar gaan klap het, ook weens sy onverskillige optrede (dan dink almal nie so mooi en skoon gedagtes nie, en jou denke word jou woord…) dan is ek die skuldige en die rassis ens. As hy my kar inmekaar gesmash het, wat dan… Sorry, die dood is hartseer vir almal, maar die politiek veroorsaak ‘n ongevoeligheid by mens (wat my tog laat sleg voel) omdat dit altyd die verkeerde pad verdedig…

Jaco ·

Ek het gister in die swaar reen in Pretoria gery. Wat vir my snaaks is dat niemand hul motor ligte aan sit nie. Baie moeilik om die ander karre en lorries te sien.

PJC ·

Ek is oortuig dat die verkeersbeampte dood gesteek sou wees as hy nie sy vuurwapen gebruik het om homself te verdedig nie. Hierdie taxidrywers is uiters arrogant en geweldadig.

George in Bloem. ·

Taxibestuurder vs verkeersbeampte? Wie sal tog ooit weet wat aanleiding gegee het tot die konfrontasie en wat regtig gebeur het?

DI ·

Die Taxi bestuurders is mos nie onderhewig aan ENIGE van die pad wette nie. Hulle maak en breek nes hulle wil, te hel met die res van die pad gebruikers. Daarom is daar ook so baie ongelukke op ons paaie weens Taxi drywers se onvermoë om die pad reëls te volg.

WONDER ·

Die berig lees die verkeersman het die bestuurder van die taxi in die middedorp tot stilstand probeer kry. Het albei gery? Hoe is die lewe dan van die verskeersman is gevaar as mes uitgeruk word? Daar was n skermutseling. Wat het toe gebeur? Verstaan die berig nie lekker nie. Miskien moet MM die berig duideliker stel en in detail die inligting deurgee. maar stem 100% saam taxi’s is nagmerrie op ons paaie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.