’n Vrystaatse verkeersbeampte het Maandag na bewering ’n taxibestuurder in Bloemfontein doodgeskiet nadat die beampte verkeersreëls probeer afdwing het.
Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, sê in ’n verklaring die beampte het probeer om die bestuurder van ’n taxi in die stad se sakesentrum af te trek, toe ’n skermutseling tussen die twee partye ontstaan het.
Volgens Mbambo het die taxibestuurder glo tydens die skermutseling ’n mes uit die taxi gepluk en probeer om die beampte te steek waarna dié ’n skoot afgevuur en die taxibestuurder noodlottig gewond het. Die taxibestuurder is op die toneel dood verklaar.
Volgens Mbambo word die verkeersbeampte van moord aangekla.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
23 Kommentare
My simpatie lê by die verkeersbeampte want ek sien daagliks hoe hierdie taxibestuurders hul agterente aan die verkeersreëls afvee. Bravo vir ‘n beampte wat sy wer probeer doen in die aansig van bestuurders wat niks voel vir ander padgebruikers nie.
Sterkte aan die verkeersbeampte wat sy werk wil gedoen het. Dis tyd dat taxibestuurders vasgevat word as hulle die wet oortree.
Mens noem die SELFVERDEDIGING, nie moord nie.
Moes die verkeersbeampte stilstaan terwyl die verkeersoortreder hom vol gate steek?!?!!!!!
Dis eintlik ironies. Eers is die land in rep en roer om hul woede uit te spreek oor verkeersbeamtes wat teen die wet is, nou is hulle VIR die beamtes wat taxibestuurded doodskiet. Enige staatsinstelling is wat dit is en ja mens kry goeie mense, maar ook net 2%. Ek neem aan die beamte het die voorreg om deel te wees van maar net 2%….
Welgedaan aan die Verkeers beampte – hoop die saak sal uit die HOF gegooi word., want dit klink soos self verdediging.