Verkeersbeampte sterf toe spoedvraat hom tref

Argieffoto (Foto: geralt, Pixabay)

Argieffoto (Foto: geralt, Pixabay)

Die polisie in Limpopo het ʼn soektog van stapel gestuur na ʼn motoris wat Sondagmiddag ʼn verkeersbeampte op die R36 buite Tzaneen in ʼn tref-en-trap-ongeluk doodgery het.

“Die 40-jarige verkeersbeampte, deel van die Groter Tzaneen-munisipaliteit in die Mopani-distrik, is omgery terwyl hy as ʼn puntsman opgetree het,” het Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die beampte was omstreeks 15:30 op amptelike diens op die R36 naby die Macdonald-varsproduktemark toe ʼn motoris, wat te vinnig gery het, hom omgestamp en weggejaag het.”

Ngoepe het gesê die motoris se gedrag word veroordeel, aangesien wetstoepassers onverpoosd werk om padveiligheid te verseker. “Ons gaan nie ʼn steen onaangeraak laat nie. Die polisie se ondersoek duur voort.”

LEES GERUS die opvolgberig hier: Man gee homself oor ná verkeersbeampte sterf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.