Verkeersbeampte sterf toe sy bus met entstowwe begelei

Poppy Moaka was op ’n motorfiets toe sy in ’n noodlottige botsing met twee motors betrokke was. (Foto: Verskaf / Departement van Gemeenskapsveiligheid)

Poppy Moaka (40), ’n beampte van die Gautengse verkeerspolisie se motorfietseenheid, is Dinsdag op slag dood toe sy in ’n botsing met twee motors, waaronder ’n polisievoertuig, op die R566 in Rosslyn betrokke was.

Moaka het ’n bus wat Covid-19-entstowwe na ’n inentingsentrum in Tshwane vervoer het op haar motorfiets begelei toe die ongeluk plaasgevind het. Dit het reg langs die Nkwe-landgoed gebeur.

Luidens ’n verklaring wat Dinsdag deur Faith Mazibuko, die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, uitgereik is, word die omstandighede wat tot die ongeluk gelei het tans deur die polisie ondersoek.

“Ek is diep ontsteld deur die afsterwe van een van die fluksste en mees toegewyde beamptes in die Gautengse verkeerspolisie.

“Moaka sal as ʼn heldin onthou word wat gesterf het om te verseker dat die mense van Gauteng die entstof kan ontvang wat noodsaaklik is om lewens tydens die Covid-19-pandemie te red,” sê Mazibuko.

Sy het ook haar meegevoel aan Moaka se familie, vriende en kollegas uitgespreek.

Die departement sal berading aan Moaka se familie bied.

Mazibuko het voorts ’n beroep op lede van die publiek gedoen om nie foto’s en video’s van Moaka op die ongelukstoneel te deel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Vicky ·

Tragies…Innige meegevoel met haar geliefdes.
Mens weet nooit wanneer jou lewensklok ophou tik nie..

Misky ·

Kan die departement ook asb berading bied aan die familie en veral mense wat op plaasaanvalle afkom

Francois ·

Ag asseblief dan moet elke straat van nou af aan n plaasboer vernoem word wat sterf weens moord

Sandra ·

Dis tragies. My innige meegevoel met haar familie. Mense wat sulke dinge deel op sosiale media moet sommer geblok en vasgevat word. Wat is nou so wonderlik daaraan om so iets te doen. Hulle se “there is no dignity in death”, en dan om sulke fotos te deel maak dit net erger vir die oorledene en haar familie.

Harley Davidson ·

Die meeste motor bestuurders het nie ‘n saak met motorfietse nie ,ek beleef dit elke dag op ons paaie.

SjN ·

Tragies, sterkte aan haar naasbestaandes, net n vraag, wat is die rede, hoekom word n bus met entstowwe begelei?

Willem ·

Was begeleiding regtig nodig vir entstowwe?Doen die begeleidings vir die belangrike korrupte anc politici!!!!!

ANET ·

Daar moet opgetree word teen persone wat verkeersbeamptes verontagsaam. ek was getuie waar robort buite werking was en dame het verkeer gereguleer, taxi besluit om van baan te verander en onwettige draai gemaak, sy hom aangese om te stop.. hy het haar net eenvoudig gestoot uit pad met taxi.. net daar moes die dame haar wapen kon uithaal om haarself te verdedig ( sy geen ander keuse gehad om weg te staan ter will van haar eie veiligheid)

Skappie ·

Jammer om te hoor van haar afsterwe. Mag haar gesin deur ons Liewe Jesus gedra word in hierdie moeilike tyd. En dankie vir wat sy vir die polisie gedoen en beteken het,

Nozi ·

Ek is regtig jammer om te hoor van haar afsterwe, en my innige meegevoel en simpatie aan haar famiel en naby vriende. Dit is regtig tragies. Ek verstaan net nie die berading nie. Hoeveel mense kom daagliks om in ongelukke en hul families kry nie berading nie. Al hierdie beradings wat deesdae so vrylik aan almal gegee word kos ons belastingbetalings ‘n pophuisie vol geld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.