ʼn Vrystaatse verkeersbeampte het Maandag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn nadat hy glo Sondag ʼn man gedurende ʼn onderonsie buite ʼn plaaslike nagklub doodgeskiet het.
Sers. Ikobeng Hlubi, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.
Volgens Hlubi het die verdagte, ʼn vriend van hom en die slagoffer omstreeks 05:00 in ʼn parkeerterrein naby die Thoughts-nagklub in Batho in die stad stry gekry waarna die verdagte (27) na bewering sy dienspistool uitgeruk en die slagoffer (35) geskiet het.
Hlubi vertel dat die slagoffer op die toneel aan ʼn kopwond beswyk het. Dit is in dié stadium onduidelik presies waaroor die mans rusie gemaak het.
Die verkeersbeampte staan tereg op aanklag van moord.
Met sy dienspistool. Wow.
Met so n tipe gesindheid word die pebliek ook nogal dikwels hanteer.
Ek is die gereg. En as ek kroeg toe gaan vat ek my dienspistool saam vir ingeval…….
Daar het jy dit. Dissipline. Dienspistool van diens af is ‘n ongelisensieerde wapen!!!
Laat hierdie muis ongeskik om ‘n wapen te handteer verklaar word.
Wapen gebruik vereis 0.00000% alkhol in jou bloed….
as jy onder die invloed aan ‘n misdryf skuldig bevind word waai jou wapen lisensie!!
Met sy dienspistool by ‘n nagklub.
Is hy gearresteer of is hy ook onaantasbaar?
05h00 in die oggend en verseker lekker gesuip …. seker ook oppad dagskof toe en slaap onder die boom met blou ligte aan. Sy dienspistool …. lekker man … lekker in Suid Aapland
Dis nou wanneer die staat n instansie word vir werkskepping – Die poste dié verkeers afdeling word nie adverteer nie – elke Maandag sien jy daar is nuwe gesiggies – Family Franchises
Nee rerig mense. Hy het sy dienspistool by hom gedra omdat hy nog aan diens was. Hy het nagskof gewerk in die club en was oppad nadat hy die hele aand patrolie gedoen het. Julle sal sien..hy gaan loskom
Die staat het hom nou oop gelaat vir n siviele eis wat die belastingbetaler weer voor pa sal moet staan.