Verkeersbeampte vas ná hy glo omkoopgeld eis

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Verkeersbeampte van KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem en van korrupsie aangekla nadat hy glo omkoopgeld van ʼn vragmotorbestuurder geëis het by ʼn weegbrug.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die verkeersbeampte is op 3 Julie in hegtenis geneem ná die beweerde voorval by die Melmoth-weegbrug.

“Daar word beweer dat die vragmotor deur verkeersbeamptes geskut is aangesien dit glo nie padwaardig was nie en die remme nie gewerk het nie. Die verdagte het glo R2 500 van die vragmotorbestuurder geëis om die vragmotor los te kry.”

Die verdagte het op 6 Julie in die Melmoth-landdroshof verskyn. Sy saak is tot 13 Julie uitgestel wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen. “Die polisie se ondersoek gaan voort en nog inhegtenisnemings word verwag,” het Zwane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

dries ·

Ek kan nie verstaan? as n ou n job het hoekom nog meer geld vra. Daar is duisende mense wat werk soek wat vir die helfde minder sal werk net om te kan werk.

Bruno Stef ·

Ek vra maar net is daar nie n beter woord in die Afrikaanse taal as die persoon is VAS.Kan n mens nie eerder praat van n persoon is in hegtenis geneem of gearresteer nie.Sal die taal manne ons nie hier kan uithelp nie.

Paplepel ·

Bruno, jy is reg. VAS is nie die regte woord hier nie. Hierdie beampte is binnekort weer op straat. VAS impliseer dat hy nêrens heen gaan nie. Geen borgtog en geen parool. Dit sal selfs meer sin maak as hulle sou sê die beampte is “gehinder” of “gepla” in sy normale optrede. Baie van hulle sien dit so.

Dave ·

Bruno, ek is ook uiters vol fiemies oor taalgebruik maar mens moet ook gemaklik met die taal kan wees. Wanneer tè hoogdrawend gepraat word klink dit stokkerig. Niks verkeerd met ‘vas’ in die geval want vas is hy vas! Dink dit was op laerskool waar ‘n onderwyser gesê het die enigste plek waat ‘te’ bruikbaar is, is by tevrede.

SNEL ·

Hoekom is hy VAS, het hy te min geld geëis? Ek dag dis hoe jy boetes betaal, jy moet dadelik die geld vir hulle gee om al die papierwerk uit te skakel. Ek verstaan nou nie mooi nie…..dit gebeur dan daagliks, hoekom nou die een siel vang, wat van al sy makkers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.