Verkeersbeampte vas oor omkoopgeld

Argieffoto: www.corruptionwatch.org.za

Argieffoto: www.corruptionwatch.org.za

ʼn Verkeersbeampte van Klerksdorp in Noordwes is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo omkoopgeld van ʼn motoris geëis het.

Volgens Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC), het die verkeersbeampte glo omkoopgeld van R150 van die bestuurder geëis nadat laasgenoemde vir die beweerde oortreding van die spoedgrens en bestuur sonder ʼn bestuurslisensie voorgekeer is.

“Die bestuurder van die voertuig is egter ʼn lid van die padverkeersowerheid se teenkorrupsie-eenheid en die verkeersbeampte is onmiddellik in hegtenis geneem,” het Zwane gesê.

Volgens Zwane is dit die tweede inhegtenisneming in dié feesseisoen deur die teenkorrupsie-eenheid.

In Desember is ʼn lid van die Tshwane-metropolisie, Sebo Mathabatha, ook deur ʼn lid van die teenkorrupsie-eenheid in hegtenis geneem, nadat hy glo ook omkoopgeld geëis het.

Makhosini Msibi, uitvoerende hoof van die RTMC, het gewaarsku dat korrupte beamptes nie geduld sal word nie. “Die gemeenskap verwag van beamptes om eties op te tree. Oortreders kan swaar strawwe in die gesig staar,” het Msibi gesê.

Die Klerksdorp-verkeersbeampte sal na verwagting Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

DPJ ·

Dit is een rede waarom ons nooit patrolimotors met kammeras in sal sien patrolleer nie.

Deloris ·

As verkeersbeamptes en SAP in meer ongemerkte voertuie ry en skollies en skelms kan aftrek, sal hulle baie vinnig stop…. of dalk ander alternatiewe weer die lig laat sien

Frannie ·

Jaaaahah, dis die neuk, jy weet nooit wie die persoon is wat jy wil bribe nie.

GES ·

Die kans om te herstel van alkohol vergiftiging is goed maar die herstel van vergiftiging as gevolg van magsbeheptheid en gierigheid is feitlik onmoontlik.

Ross ·

Klerksdorp, dit is nie eers ‘n druppel in die emmer nie. Hier is baie van hulle, en ek hoop hulle gaan nog meer sulke optredes hier doen. My vriend is hier in die SAP en hy se daar is baie . Hy se hy weet nie hoe het die gebeur nie, maar die polisiemanne en verkeersbeamptes weet wanneer daar so optrede gehou word en dan waarsku hulle mekaar.

Hulle moet mense van ander provinsies kry om hier te kom optree, want die was ‘n poks. Ek wens dat hulle besef hulle is daar om ‘n werk te doen, en nie om hulle self te verryk nie. Magsmisbruik is aan die orde van elke dag.

Roei hulle uit met wortel en tak.

Klerksdorp

Henri ·

Wie stel die voorbeeld? As die president van die land dit kan doen, waarom nie die salaristrekker nie. Hy kom niks oor nie, maar die salaristrekker ry aan die pen.

Sarel Strydom ·

Ongemerkte Voertuig— jammer ek stop nie vir jou nie. Sien mekaar by dei naaste Polisstasie.

Moerland ·

Ek wonder waar kry ek die kontakbesonderhede van die teenkorrupsie eenheid sodat ek hulle kan kontak indien dit met my gebeur?

Koos ·

Hier in ons omgewing is n paar wat sonder skaamte heeldag mense staan en aftrek vir omkoop geld. Een van hul trek jou sommer ook af en se jy het nie gestop nie al het jy, dis sy word teen joune.

Anoniem ·

Almal praat van die verkeeersbeampte wat omkoopgeld geeis het. Maar wat van die bestuurder van die padverkeersowerheid wat sonder lisensie gery het en wat die spoedgrens oorskry het. Simpel vraag…is maar niks? Wat het met hom gebeur?

Anoniem ·

Wens hulle wil bietjie gaan kyk wat by klerksdorp se lisensie kantore aangaan……………….. arme kinders

Zelda ·

Hy sal niks oorkom nie… hier by ons was twee wat gevang was so paar jaar terug … hul nogsteeds op hul pos…. net n jaar lange betaalde vakansie gehad en hul werk weer…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.